Verified Reviews
Beaufort West
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Beaufort West
Rated 4 out of 5 based on 1365 reviews.
"Daar is glo baie dwelmmisbruik onder die plaaslike gemeenskap, wat hoë misdaadsyfers tot gevolg het. Was al by die Karoo Nasionale Park wat pragtig en baie interessant was. Pragtige berge rondom Beaufort-Wes. Die goedkoopste diesel hier gekry in Beaufort-Wes. Die dorp het pragtige ou geboue en huise en 'n ryk geskiedenis. Chris Barnard is hier gebore en sy huis is 'n museum hier. Die mense by Spur is baie vriendelik en hulle kos is goed."
"Baie besige deur-roete tussen JHB en Kaapstad. Goed geleë vir oornagrus tussen die twee stede. Meer as genoeg gastehuise en eetplekke in die dorp."
"Ek dink daar moet meer gefokus word dat meer mense wat op die lang N1 reis in Beaufort-Wes oornag ."
"Would like to visit the museum next time we are there. There are plenty accommodation options as well, both in the town and close by."
"Die dorp is klein en eetplekke min, veral as jy 'n toeris is wat na 'n lang pad iets wil kry om te eet, sou sê dis perfek vir 'n oornagbestemming maar nie langer nie."
"Die dorp het maar effe agteruit gegaan, maar daar is beslis 'n paar juwele soos Áltyd Lekker en die 4 Sheep-eetplek en Deli. Die Wimpy was ook heel vriendelik en die diens vinnig!"
"Mense in die dorp is baie vriendelik, maar mens moet maar op jou hoede wees vir kwaaddoeners."
"So baie geskiedenis en mooi geboue. Sal graag meer tyd daar wil spandeer"
"Definitely only a town we would pass through, not stay to visit. That being said, the Karoo National Park is a stunning destination."