Geverifieerde Resensie
Beaufort West
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Beaufort West bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 1365 resensies.
"I was most surprised to see the number of children begging at the filling stations, in front of shops and at the Checkers shopping centre. Why are they not at school?"
"Goeie dorp vir oornag vanaf JHB/PTA na Kaap en baie opsies vir verblyf. Die dorp self is verwaarloos en vuil en loop oor van bedelaars. Winkels is aanvaarbaar as jy verby die bedelaars kan kom. Goeie vulstasies, veral Caltex en Engen het skoon toilette en lekker wegneemkos."
"By 'n vorige geleentheid het ons die historiese toer per donkiekar gedoen wat een van die beste dinge was tydens ons vakansie. Iets wat ons definitief kan aanbeveel."
"Dis lekker om te sien hoe mense sukses maak van ou plekkies met 'n heel moderne gevoel en gerief. Inspirerend."
"Ek sou nie sê 'n toeristebestemming nie, maar wel 'n fantastiese blyplek of oornagbestemming. Die dorp is baie netjies en 'n mens voel sommer tuis daar."
"Die mense in Beaufort-Wes maak die dorp nog meer spesiaal. Almal is vriendelik en ongelooflik behulpsaam! 4 Sheep is 'n moet-stop vir heerlike ete en oulike winkel waar jy van lekkerny tot skaapkoppe kan aanskou! Joe's Diner by die Savoy neem mens terug na die ou dae en Donkin Deli se ontbyt is hoogs aan te beveel. Beaufort-Wes is ALTYD 'n hoogtepunt op ons reis van die Kaap na die binneland en terug!"
"Ons het Beaufort-Wes besoek omdat ek daar grootgeword het. Ek was geskok dat die middedorp so verval het. Misdaad is aan die orde van die dag! Die omgewing waar ons tuisgegaan het was egter goed versorg en ons het daar veilig gevoel! Die Karoo in die groot geheel het nie sy bekoring verloor nie! Ek sien uit na ons volgende besoek!"
"Beslis 'n toeristebesoek werd. Gasvryheid oral waar ons aandoen en altyd 'n welkome stilhou-bestemming. Die ideale stop vanaf of op pad Kaap toe."
"Definitely visit the Waterwiel Bakerei, authentic Karoo baked goods and small meals. Delicious!"
"A place everyone needs to visit and spend time in. Historical in many aspects and an amazing destination. The people are amazing in every way!"