Geverifieerde Resensie
Bloemfontein
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Bloemfontein bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 1473 resensies.
Spitskop Small Holdings, Bloemfontein
Bains Lodge"Alles was baie mooi en skoon. Die restaurant op die perseel was ook uitstekend. Ek sal vir seker weer daar oornag."
"Fichardt Park is 'n gevestigde woonbuurt, wat goed in stand gehou word. Die groot pluspunt is die ligging naby die groot Pick 'n Pay en ook nie te ver van die dorp en universiteit nie."
"Bietjie gevaarlike area maar ons het geen probleme ervaar nie. Daar blyk genoegsame sekuriteit by Premiere Gastehuis te wees."
"Nie genoeg ervaring om Bloemfontein as toeristebestemming te beoordeel nie. Ons fotografeer spesifiek skoenlappers en naaldekokers en is dus meer in die natuur geïnteresseerd as in vermaak, inkopies of kultuurbedrywighede."
"As jy studente besoek by Kovsies is dit 'n veilige woonbuurt naby dit wat jy benodig."
"Die munisipaliteit kan aandag skenk aan omgewing. Rommel orals en pad toestand. Algemene skoonmaak in industriële gebied. Straatname nie sigbaar nie, dit bemoeilik jou eindbestemming veral saans te kan bereik. Oor die algemeen is inwoners vriendelik."
"We wanted to be close to the start and finish venue of the 2018 Music Marathon - Langenhovenpark was ideally located for this purpose."
"Bloemfontein gaan agteruit. Daar is bossies op die middelmannetjies en vullissakke staan in hope op straat."
"Good and quiet area not close to the highway, but that wasn't a major thing for us. "
"Waverley is 'n wonderlike woonbuurt met groot bome, mooi huise en goed versorgde tuine. Die feit dat dit aan die kant van die dorp is en naby die hoofweg maak dit 'n besondere goeie ligging vir oornagverblyf. Daar is ook 'n sentrum naby met lekker restaurante en winkels."
Universitas Ridge, Bloemfontein
Grace Cottage"Keurige area, maklik bereikbaar, gevoel van veiligheid."