Verified Reviews
Boland
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Boland
Rated 4.6 out of 5 based on 3557 reviews.
"Baie lekker plekkies om te besoek in area soos verskillende wynplase en Spice Route is baie lekker."
"Van wat ons gesien het - mooi, veilig en genoeg interessanthede om uit te snuffel."
"Mooi geskiedkundige dorpie, en ek kry die gevoel dat die inwoners moeite doen om hulle dorpie te bemark en op datum te hou. 'n Lekker dorp om te voet te verken, en ek is seker dis 'n goeie verblyfplek vir wynliefhebbers."
"Franschoek is 'n wêreldklasplekkie om te besoek, beste wynplase met vele om te doen."
"Ons het Die Veldskoen padstal en wynkelders besoek en almal was baie vriendelik. Dit en die goeie diens het uitgestaan bo alles. Wingerde ook pragtig!"
"Beautiful place. Great accommodation and friendly people. "
"Mooi plek. Jammer oor die taxi's wat hooter druk in die hoofstraat. Saterdae lyk die plek maar rof."
"Ek ry nog altyd net deur Worcester - en gaan beslis weer hier bly. Die dorpie is pragtig. Beslis nodig om meer as een nag oor te bly!"
"Daar was 'n kragopwekker wat saans beurtkrag verligting voorsien het. Ons was baie dankbaar!"
"Ceres is veral in die wintertyd as dit sneeu asemrowend mooi. Bloeiseltyd, wanneer die boorde pronk met wit en pienk blommetjies, is dit ook 'n belewenis en 'n moet-sien ervaring."