Verified Reviews
Cape Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Karoo
Rated 4.5 out of 5 based on 1912 reviews.
"Loved Prince Albert - it is a vibey little town - well looked after - clean and feels safe. Will definitely return to visit for longer."
"As Prins Albert nie so ver van die see af was nie, sou ek graag soontoe wou trek!"
"Baie afgeleë. Regtig net vir 'n oornagplekkie. Merweville moet dalk meer bied vir toeriste bv. toere (plekkies besoek waar Die Boekklub verfilm is), piekniek op die koppie agter die kerk, sterrekyk of so iets. Gebruik die TV se reklame vir Merweville se voordeel."
"Prins Albert is 'n pragtige en baie skoon, netjiese dorpie. Net jammer dat die meeste van die restaurante baie vroeg toemaak, wat dit moeilik maak vir moeë toeriste wat ver gereis het en verversings gaan soek."
"Leeu-Gamka bied nie veel nie, behalwe natuurlik mede-menslikheid. Ons waentjie se wiel het uitgeval en ons is dadelik deur die inwoners van Leeu-Gamka gehelp. Ons het dadelik tuis gevoel en veilig."
"Moet beslis op jou emmerskop lys kom. Rustige plek met baie juweeltjies om ontdek te word."
"Pragtige, goed versorgde dorpie. Heerlike ontbyt by die Swartberg Hotel en uitstekende kos en diens by die La Di Dah restaurant. Pragtige winkeltjies. Absoluut die moeite werd om te besoek."
"What a fabulous little town with so much on offer. Will definitely be back for a longer stay. Gem of the Little Karoo!"
"Pragtige Karoo dorpie met 'n karakter van sy eie. Ons het dit al die laaste paar jaar ons oornag destinasie gemaak op pad Kaap toe. Bly elke keer 'n treffer."
"Matjiesrevier sal ek aanbeveel vir 'n dagreis maar nie vakansie-bestemming nie. Paaie deur die berge is baie mooi en die omgewing is pragtig."
"The Boorgat Restaurant is worth a visit, the staff are very friendly and accommodating and the food was delicious."