Verified Reviews
Cape Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Karoo
Rated 4.5 out of 5 based on 1913 reviews.
"Daar sal altyd spasie wees vir uitbreiding. Die dorpie het opknapping nodig. Ons kon die planetarium besoek, maar teleurstellend met Covid, geen toegang gehad na die SALT-teleskoop nie. Sterland-sentrum vir sterrekyk het 'n onverwagte groot getal mense gehad vir 'n Maandagaand. Om en by 50. Dit was insiggewend."
"Besigtiging van die hemelruim was fantasties, maar die dorp self kan aantrekliker gemaak word vir toeriste."
"Benodig nog 'n kruideniersware-handelaar om pryse te stimuleer, Spar is uiters duur."
"Die sterrrekyk by planetarium was die moeite werd. Aanbieding was uitstekend."
"Pragtige, karaktervolle dorpie met interessante plekkies om te besoek. Baie artsy. Sal weer kom."
"Prince Albert is an unexpected oasis of charm and culture that evokes the best features of a bygone era."
"Quality food at Die Meule restaurant & star gazing at Sterland was educational, fun & amazing."
"Die dorpie is pragtig skoon met voldoende winkels. Die ou huisies is pragtig in stand gehou en ons het dit geniet om daarna te kyk. Die Swartbergpas en Meiringspoort is byderhand om die natuur te geniet! Ons is voëlkykers en was nie teleurgesteld met die verskeidenheid nie. Ons het Prins Albert tevore besoek en sal dit weer doen!"
"Moeilik om regverdige kommentaar te lewer. Ons was veels te kort daar. Moes ten minste nog 'n nag of twee oorgebly het. Die tyd was nie reg vir 'n besigtigingstoer nie en die teater was ook nie oop nie. Die persoon wat spookstories vertel was met vakansie. Sal graag weer wil gaan en hoop om meer te kan doen."
"Het die Boorgat-restaurant baie geniet. Die Planatrium was nie 'n unieke of wow ervaring gewees nie."
"Ek sal graag eendag daar wil aftree. Die plaaslike mense is vriendelik, die omgewing pragtig. Definitief 'n plek waar mens jou battery kan herlaai."
"Dis 'n prentjiemooi dorpie - dalk nie vir almal nie. Daar is beperkte besighede, maar as jy na stilte en Karoo-rustigheid soek, is hierdie die plek vir jou. Dit maak mens weer mens!"