Verified Reviews
Cape Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Karoo
Rated 4.5 out of 5 based on 1912 reviews.
"Sutherland is 'n klein en stil dorpie. Ongelukkig a.g.v. die inperkings kon ons nie SALT besoek nie. Ons het wel die planetarium besoek en het dit geniet. Ongelukkig het ons sterrekyk uitgereën. Verder was daar nie baie vir ons om te doen in Sutherland nie. Daar is wel wildsplase in die omgewing wat mens kan besoek as dit jou koppie tee is. Ons het die stilte en rustigheid geniet en die mense is baie vriendelik."
"Prins Albert sien ons weer - die kos, die karakter en die fietsry was uit die boonste rakke!"
"Was in Prins Albert vir Open Studios. Pragtige Karoo-dorpie met vriendelike en gasvrye mense. Heerlike aandete by The Rude Chef."
"Wonderlike plek om bietjie weg te breek en nader aan die natuur te kom. Rustige, dog besige dorpie, maar 'n wonderlike plek om te gaan kuier. Ons sal beslis weer gaan."
"Prins Albert is sielskos! Lieflike Karoo-dorpie, wat jou laat asemhaal en net weer ontspan en uitrus. Wonderlike bestemming vir ieder en elk."
"The town itself is of little interest but very interesting if you are interested in the skies."
"Baie netjiese dorpie, sal definitief weer wil gaan. Eetplek (Boorgat) kan ons ten sterktste aanbeveel, diens, kos en atmosfeer fantasies!"
"Small, quaint town. Loved the planetarium which works even when the SAAO is closed. Great for one day, maybe two."
"There was no shop where one could even buy a sticker for their car. Would be great to have a tourist information centre in the town to tell you about sights and attractions within the town and in the surrounding region."
"Ons is mal oor Prince Albert. Een van die beste, mooiste, skoonste dorpies om te besoek in Suid-Afrika."
"Die koffie by die winkeltjie naby die vloedmuseum was nogals 'n wenner."
"Bespreek alles vooraf - veral met Covid. Ons het stargazing met Jurg gedoen. Die planetarium in die dorp besoek as ook SALT - alles hoe kwaliteit aktiwiteite. Heerlik geëet (Veral lamsdisse) by The Blue Moon en ook The White House Inn - kan dit aanbeveel!"
"Covid het maar seker 'n vinger in hierdie pie, want daar is aansienlik minder winkeltjies oop en restaurante om van te kies is ook heelwat minder. Maar die dorpie is mooi skoon en natuurlik is die natuurskoon 'n bonus."
"Merweville is 'n hartsplek vir my. Elkeen wat lief is vir die Karoo moet op Merweville gaan oorbly. Woon 'n kerkdiens by in die pragtige kerkgebou. Ry na die uitkykpunt vanwaar mens oor die hele dorp kan sien. Elkeen wat die Boekklub geniet het, moet beslis by Die Boekklub restaurant gaan eet - die kos was uit die boeke."