Verified Reviews
Cape Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Karoo
Rated 4.5 out of 5 based on 1913 reviews.
"Sutherland is 'n gasvrye, skoon dorp, maklik bereikbaar met 'n goeie teerpad vanaf Matjiesfontein. 'n Besoek, op afspraak, aan die NG Kerkgebou, is regtig interessant, onder leiding van Darius. Vra by enige gastehuis, hulle sal sy kontaknommer kan verstrek. Ongelukkig was ons baie teleurgesteld met die dorp se Stargazing-program, omdat ons onder die indruk was dat die gehalte van die teleskoopbeelde baie beter sou wees. Die aanbieder klink goed ingelig, maar die toerusting tot sy beskikking skiet regtig tekort. Besoekers word ook nie toegelaat by die planetarium buite die dorp nie, wat net eenvoudig onaanvaarbaar is. Sutherland is immers sinoniem met sterrekyk, en daarvan was daar nie regtig sprake nie, is ek jammer om te sê."
"As jy nog nie die Karoo se uitsonderlike unieke natuurskoon en die mense se gasvryheid ervaar het nie mis jy 'n groot deel van SA."
"Vir die klein koue plek is daar genoeg om te doen en te sien vir 'n dag. Die inwoners se harte is warm. Ons gaan gewis weer daarheen wanneer SALT weer open vir toeriste."
"'n Mooi, skoon dorpie in 'n pragtige omgewing! Die Swartbergpas en Gamkaskloof is 'n moet vir enige toeris!"
"'n Baie rustige dorpie, 'n jammer die restaurant se diens is nie op standaard nie, die groot teleskoop was toe op die berg, maar die sneeu het opgemaak daarvoor. Dit was prentjiemooi."
"Besig om saam met die sterrekyk en nuwe restaurante 'n baie lekkerder bestemming te raak."
"Bitter droog in daardie deel van die land en ons het meer insig omtrent die droogte gekry. Unieke dorp met unieke mense."
"Heerlike etes by die Swartberg Hotel en die Swartbergpas is ’n pluspunt vir motoriste en bergfietsryers."
"Unfortunately SALT was closed due to Covid, but we managed to go to the Stargazing with Jurg and the 3D show at the Planetarium."
"'n Wegbreek buite 'n klein dorpie omring met die mooiste natuur skoon, hoe sê hulle in engels: "Less is More"."
"Altyd lekker om hier te kuier en 'n naweek is altyd te kort om by alles uit te kom."
"Pragtige Karoo-dorpie. Wou nog altyd daar gaan draai maak het. Vriendelike mense en dorpie skoon."
"Prins Albert is 'n pragtige dorp. Die hotel is altyd 'n wenner vir aandete en La-di-da het 'n heerlike ontbyt bedien."