Geverifieerde Resensie

Cape Karoo

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Karoo bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1912 resensies.

Sutherland, Kaap Karoo

Overdam Cottage

"Sutherland is 'n klein en stil dorpie. Ongelukkig a.g.v. die inperkings kon ons nie SALT besoek nie. Ons het wel die planetarium besoek en het dit geniet. Ongelukkig het ons sterrekyk uitgereën. Verder was daar nie baie vir ons om te doen in Sutherland nie. Daar is wel wildsplase in die omgewing wat mens kan besoek as dit jou koppie tee is. Ons het die stilte en rustigheid geniet en die mense is baie vriendelik."

Prins Albert, Kaap Karoo

Ta Mala's Self-Catering Cottages

"Prins Albert sien ons weer - die kos, die karakter en die fietsry was uit die boonste rakke!"

Prins Albert, Kaap Karoo

The Cottage

"Pragtige plekkie, sal graag langer wou kuier."

Prins Albert, Kaap Karoo

Bid Huisie

"Was in Prins Albert vir Open Studios. Pragtige Karoo-dorpie met vriendelike en gasvrye mense. Heerlike aandete by The Rude Chef."

Ladismith, Kaap Karoo

Parkside Guesthouse

"Baie vriendelike gemeenskap."

Sutherland, Kaap Karoo

Primrose Cottage

"Wonderlike plek om bietjie weg te breek en nader aan die natuur te kom. Rustige, dog besige dorpie, maar 'n wonderlike plek om te gaan kuier. Ons sal beslis weer gaan."

Prins Albert, Kaap Karoo

Gecko Cottages

"Prins Albert is sielskos! Lieflike Karoo-dorpie, wat jou laat asemhaal en net weer ontspan en uitrus. Wonderlike bestemming vir ieder en elk."

Ladismith, Kaap Karoo

Le Roux B&B

"Baie beïndruk met Ladismith se vooruitgang op die gebied."

Prins Albert, Kaap Karoo

Karoo Masterclass Cottage

"Great place for both foodies and artists. We will be back soon."

Sutherland, Kaap Karoo

Primrose Cottage

"The town itself is of little interest but very interesting if you are interested in the skies."

Prins Albert, Kaap Karoo

Gecko Cottages

"Lieflike, mooi dorp. "

Sutherland, Kaap Karoo

Jack of the Karoo

"Baie netjiese dorpie, sal definitief weer wil gaan. Eetplek (Boorgat) kan ons ten sterktste aanbeveel, diens, kos en atmosfeer fantasies!"

Sutherland, Kaap Karoo

Die Heks se Huis

"Small, quaint town. Loved the planetarium which works even when the SAAO is closed. Great for one day, maybe two."

Prins Albert, Kaap Karoo

Onse Rus Guest House

"Moenie die Open Studio-fees misloop nie."

Prins Albert, Kaap Karoo

The Lemon Tree

"Die heel beste Karoo-dorp!"

Sutherland, Kaap Karoo

Primrose Cottage

"There was no shop where one could even buy a sticker for their car. Would be great to have a tourist information centre in the town to tell you about sights and attractions within the town and in the surrounding region."

Prins Albert, Kaap Karoo

Travellers Rest

"Ons is mal oor Prince Albert. Een van die beste, mooiste, skoonste dorpies om te besoek in Suid-Afrika."

Laingsburg, Kaap Karoo

Eltos Karoo Stay Guest Farm

"Die koffie by die winkeltjie naby die vloedmuseum was nogals 'n wenner."

Sutherland, Kaap Karoo

Die Prokureurshuis

"Bespreek alles vooraf - veral met Covid. Ons het stargazing met Jurg gedoen. Die planetarium in die dorp besoek as ook SALT - alles hoe kwaliteit aktiwiteite. Heerlik geëet (Veral lamsdisse) by The Blue Moon en ook The White House Inn - kan dit aanbeveel!"

Prins Albert, Kaap Karoo

Karoo Lodge

"Covid het maar seker 'n vinger in hierdie pie, want daar is aansienlik minder winkeltjies oop en restaurante om van te kies is ook heelwat minder. Maar die dorpie is mooi skoon en natuurlik is die natuurskoon 'n bonus."

Merweville, Kaap Karoo

Springbok Lodge Merweville

"Merweville is 'n hartsplek vir my. Elkeen wat lief is vir die Karoo moet op Merweville gaan oorbly. Woon 'n kerkdiens by in die pragtige kerkgebou. Ry na die uitkykpunt vanwaar mens oor die hele dorp kan sien. Elkeen wat die Boekklub geniet het, moet beslis by Die Boekklub restaurant gaan eet - die kos was uit die boeke."

Sutherland, Kaap Karoo

Die Heks se Huis

"Almal moet een keer in hul lewe die sterre kom beleef, al is dit net 'n aand."

Prins Albert, Kaap Karoo

Gecko Cottages

"Lieflik, veral in kombinasie met Swartbergpas."

Sutherland, Kaap Karoo

Skitterland Gastehuis

"Jurg se Sterland is 'n moet!"

Blad
Blad 29 - Wys 841 tot 870
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang