Verified Reviews
Cape Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Karoo
Rated 4.5 out of 5 based on 1877 reviews.
"Prins Albert was 'n aangename verrassing. Dorpie is pragtig, mense vriendelik en die omgewing asemrowend."
"Lieflike dorp! Ons wens ons kon langer oorbly om die dorp en die omliggende besienswaardighede te verken. "
"Lieflike dorpie, waar jy kan voel die wêreldse invloed het nog min skommelings daar veroorsaak. Dit voel of tyd stil gestaan het en dit laat jou sommer veilig en gekoester voel, volgende keer gaan ek nog 'n dag langer bly net om dit weer te ervaar."
"Jare gedreig om dit te besoek en het dit uiteindelik gedoen. Jy sal nie spyt wees nie. 'n Bucket list-ervaring!"
"'n Ongelooflike mooi plek wat hopelik net so sal bly! Ons sal weer en weer daarheen gaan. Daar is nog so baie wat ons daar wil doen."
"Pragtige Karoo-dorpie wat ons nou al spesiaal raak ry oppad af Kaap toe. Die rustigheid van die omgewing en dan nog die pragtige natuurskoon is ook so lekker. Definitief die moeite werd om te kom."
"Die Swartbergpas was ‘n belewenis en ongelooflik mooi. Prins Albert is pragtige en skoon karoodorp met lekker winkels en mooi oorslaapplekke."
"We always stay in Prince albert but this year its so lacking in quaint shops, friendly people etc - only vibe good food and friendly people was at the hotel - Feels like Prince Albert has passed its peak as a stopover."
"Die groei van Sutherland oor die afgelope 15 jaar het my aangenaam verras. Beslis 'n besoek werd!"
"Die mooiste dorpie met soveel om te sien. Die rustigheid is voelbaar en die huisies en omgewing is 'n bonus vir toeriste!"
"Ladismith, die dorpie self het ook pragtige bekoring. Hoewel ons net die strate heen en weer gery het, glo ek om die straatjies met sy pragtige huise en ou argitektuur te voet te doen sal heerlik wees. Die Klein Karoo dorpies vat mens weer terug in tyd en alles loop baie lekker stadiger daar - soos dit moet! Ladismith is ook baie naby aan Calitzdorp, Oudtshoorn, Barrydale en Montagu - om nie te praat van die pragtige Swartbergpas nie!"
"Sou graag die Kokkedoor stoor wou gaan sien het, maar kon nie eens daar inkom nie."
"Mens moet langer daar wees om alles te verken! Pragtige dorp en omgewing. Probeer om dit te alle koste te behou."
"Unique landscape and good for the soul! Tankwa Padstal a must visit for all!"
"Regtig 'n juweel van die Karoo met die asemrowende Swartberge in die agtergrond. "