Verified Reviews
Cape Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Karoo
Rated 4.5 out of 5 based on 1912 reviews.
"Mens moet langer daar wees om alles te verken! Pragtige dorp en omgewing. Probeer om dit te alle koste te behou."
"Unique landscape and good for the soul! Tankwa Padstal a must visit for all!"
"Regtig 'n juweel van die Karoo met die asemrowende Swartberge in die agtergrond. "
"Prins Albert is 'n ontvlugting vir dié wat 'n gejaagde lewe ly. Hier kan jy ontspan, hardloop, fietsry, olywe en wyn proe en bitter lekker eet! Dit is ook 'n bonus as jy lief is vir die natuur. Die Swartbergpas is iets om te beleef, daar is staproetes en as jy jou verblyf reg kies, uitsigte wat jou asem wegslaan. Beslis 'n plek om te besoek!"
"'n Plek om weer jou siel te vind en die sterrehemel met verwondering te aanskou."
"Doen jouself die guns en spandeer tyd hier, mens is so geneig om net verby te jaag. Ontdek nuwe dinge veral in die unieke natuur."
"Lekker kuier dorpie. Baie om te doen en sien. Olyfplaas is 'n moet en ook Swartbergpas."
"The town is a gem, this is our third visit. We had the most delicious meal at Karoo Kombuis. "
"Jy kan lekker rondry vanaf die plaas en heelwat gaan besigtig en ja, dis 'n pragtige wêreld ten spyte van die huidige droogte."
"Die Bush pub se kos en diens was 'n wow factor. Die lekkerste en pragtige uitsig by die rivier."