Geverifieerde Resensie
Cape Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1910 resensies.
"Die mooiste dorpie met soveel om te sien. Die rustigheid is voelbaar en die huisies en omgewing is 'n bonus vir toeriste!"
"Ladismith, die dorpie self het ook pragtige bekoring. Hoewel ons net die strate heen en weer gery het, glo ek om die straatjies met sy pragtige huise en ou argitektuur te voet te doen sal heerlik wees. Die Klein Karoo dorpies vat mens weer terug in tyd en alles loop baie lekker stadiger daar - soos dit moet! Ladismith is ook baie naby aan Calitzdorp, Oudtshoorn, Barrydale en Montagu - om nie te praat van die pragtige Swartbergpas nie!"
"Sou graag die Kokkedoor stoor wou gaan sien het, maar kon nie eens daar inkom nie."
"Mens moet langer daar wees om alles te verken! Pragtige dorp en omgewing. Probeer om dit te alle koste te behou."
"Unique landscape and good for the soul! Tankwa Padstal a must visit for all!"
"Regtig 'n juweel van die Karoo met die asemrowende Swartberge in die agtergrond. "
"Prins Albert is 'n ontvlugting vir dié wat 'n gejaagde lewe ly. Hier kan jy ontspan, hardloop, fietsry, olywe en wyn proe en bitter lekker eet! Dit is ook 'n bonus as jy lief is vir die natuur. Die Swartbergpas is iets om te beleef, daar is staproetes en as jy jou verblyf reg kies, uitsigte wat jou asem wegslaan. Beslis 'n plek om te besoek!"
"'n Plek om weer jou siel te vind en die sterrehemel met verwondering te aanskou."
"Doen jouself die guns en spandeer tyd hier, mens is so geneig om net verby te jaag. Ontdek nuwe dinge veral in die unieke natuur."
"Lekker kuier dorpie. Baie om te doen en sien. Olyfplaas is 'n moet en ook Swartbergpas."
"The town is a gem, this is our third visit. We had the most delicious meal at Karoo Kombuis. "