Verified Reviews
Clarens
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Clarens
Rated 4.7 out of 5 based on 3056 reviews.
"Almal moet minstens een keer Clarens beleef."
"Die infrastruktuur rondom die plein kort bietjie opknapping (paaie), maar anders as dit nie veel anders nie. Dis 'n geskiedkundige dorpie. Die staproetes by CVC is ook baie goed onderhou en natuurskoon daar is 10/10. Clarens is nie net oor eetplekke, kunsplekke en geskenk winkeltjies nie."
"Clarens is 'n unieke dorp met baie interessante winkels en lekker kuierplekke. Ideaal vir 'n wegbreek van die besige stadslewe."
"Indien jy van 'n stiller toeriste bestemming hou, besoek Clarens in die middel van die week. Daar is steeds genoeg eetplekke oop om elke ete by 'n ander een te geniet."
"Vir kunsmense, natuurmense, koffiemense en vele ander, is dié skat van 'n dorpie een van die lekkerste plekkies om by uit te kom."
"Special little town - one of the most beautiful parts of nature in South Africa."
"It is a great destination if you make use of the variety of functions and venues available. We went for the hiking and it was awesome. There are extreme activities to enjoy for the wild at heart. Many social venues to experience. A small town experience with good options to keep you busy for a long weekend, or if you just want to get away from the rat race. A good, boring, quiet weekend."
"Clarens en Golden Gate-omgewing is vir ons altyd 'n gerieflike naby genoeg vakansiekeuse enige tyd van die jaar. Lieflike restaurante en snuffelwinkels."
"Was lekker om in pik donker in stof strate te stap sonder om 'n oomblik onveilig te voel. Pragtige natuurskoon en goeie restaurant opsies."
"Dalk bietjie te besig met min of geen afstand tussen besoekers in restaurante en winkels nie. Oral moet maskers gedra word en gesaniteer word, maar geen sosiale afstand word gehandhaaf nie."
"Dis een van die mooiste dorpies in ons land, met die mooiste omgewing rondom Clarens om te verken. Ek het my verkyk na die rotsformasies soos ons gery het na van die ander dorpe. Asemrowend."