Geverifieerde Resensie
Clarens
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Clarens bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 3049 resensies.
"Clarens is 'n unieke dorp met baie interessante winkels en lekker kuierplekke. Ideaal vir 'n wegbreek van die besige stadslewe."
"Indien jy van 'n stiller toeriste bestemming hou, besoek Clarens in die middel van die week. Daar is steeds genoeg eetplekke oop om elke ete by 'n ander een te geniet."
"Vir kunsmense, natuurmense, koffiemense en vele ander, is dié skat van 'n dorpie een van die lekkerste plekkies om by uit te kom."
"Special little town - one of the most beautiful parts of nature in South Africa."
"It is a great destination if you make use of the variety of functions and venues available. We went for the hiking and it was awesome. There are extreme activities to enjoy for the wild at heart. Many social venues to experience. A small town experience with good options to keep you busy for a long weekend, or if you just want to get away from the rat race. A good, boring, quiet weekend."
"Clarens en Golden Gate-omgewing is vir ons altyd 'n gerieflike naby genoeg vakansiekeuse enige tyd van die jaar. Lieflike restaurante en snuffelwinkels."
"Was lekker om in pik donker in stof strate te stap sonder om 'n oomblik onveilig te voel. Pragtige natuurskoon en goeie restaurant opsies."
"Dalk bietjie te besig met min of geen afstand tussen besoekers in restaurante en winkels nie. Oral moet maskers gedra word en gesaniteer word, maar geen sosiale afstand word gehandhaaf nie."
"Dis een van die mooiste dorpies in ons land, met die mooiste omgewing rondom Clarens om te verken. Ek het my verkyk na die rotsformasies soos ons gery het na van die ander dorpe. Asemrowend."
"Clarens is still special. As frequent visitors, now much more commercialised than the Clarens we first knew, but with a pleasing variety of restaurant options. Friends previously resident have semigrated to Montagui. Petty crime/vehicle theft is becoming an issue. Too many car guards/washers hanging around the Square for their own good or visitors peace of mind."
"Lovely town to visit with many little shops to visit with interesting knickknacks to look at and purchase. There is a wide variety of restaurants to cater for all taste. The Jacket Shop is definitely worth a visit or two. The walks there are really beautiful, well marked and well maintained. Thank you to everyone who made our visit such a relaxing time."
"'n Fantastierse plek met genoeg afleiding/vermaak/opsies vir 'n gesin met klein kinders, 'n familie met oupa's en ouma's, avonturiers wat wil bergklim, bergfiets ry of net lekker in die natuur of deur die pragtige dorpie wil wandel, verliefdes wat stil plekkies wil besoek; of selfs enkellopendes wat kan wegraak in die winkeltjies, kunsgalerye en heerlike koffie drink en eetplekke. Natuurlik ook vir die jongklomp wat wil kuier, drink en ontspan!"