Geverifieerde Resensie
Clarens
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Clarens bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 3049 resensies.
"Fantastiese toeristebestemming, sal definitief weer Clarens en Old Mill Drift gaan besoek."
"Heeltemal overrated wat die dorpie betref. Die winkeltjies is niks besonders nie en buitensporig duur. Die omgewing en natuurskoon is egter fantasties."
"Pragtige dorpie, sal beslis weer wil besoek, maar vir langer periode. Supermarkfasiliteite is beperk en duur. Ons besoek was oor die Oujaar- Nuwejaar-periode en die dorp was tjok-en-blok vol bespreek en besig, maar algemene netheid van geboue en strate kort beslis aandag om sy status van Dorp van die Jaar gestand te doen."
"Clarens is n pragtige, klein dorpie met wonderlike mense. Laat mens dadelik tuis voel. Soveel om te doen, veral as jy hou van die natuur. "
"Pragtige, ongerepte dorpie met wonderlike natuurskoon en baie besienswaardighede. Baie vriendelike gasvryheid waar jy kom. "
"Lieflike, ongerepte dorpie met alles wat jy nodig het om gerieflik en rustig te kuier. Ongerepte natuur en baie plekke te besigtig sommer naby. "
"Ons was in Clarens van 17 tot 20 Desember, en die meeste restaurante maak toe om 19:00."
"Mens moet definitief avontuurlustige mense wees om Clarens waarlik te geniet. Andersins is daar net soveel wat mens kan doen. Baie lekker om deur die winkeltjies en gallery te stap. "
"Asemrowende mooi omgewing as jy van die berge en absolute rustigheid hou. Verskeidenheid klein winkeltjies wat iets anders as die gewone bied. Ons het ook die Baris Kaasplaas en restaurant as uitmuntend beskou. Definitief 'n besoek werd."
"Beautiful area, I wouldn't mind going back, especially during winter to see the snow on the mountains. "
"Ongelooflike natuurlandskap reg rondom die dorp. Lieflike, rustige atmosfeer met interessante winkeltjies en voortreflike restaurante om te probeer. 'n Plek wat elke mens móét ontdek!"
"Natuur fantasties, sekere winkels netjies met puik voorraad en diens, ander kom oud voor en behoort vernuwe te word. Sekere restaurante puik terwyl ander effe vuil en slordig voorkom. Strate vuil met gemors en verkope van produkte sonder stalletjies behoort gestaak te word ─ sulke produkte staan heeldag in son."