Verified Reviews
Clarens
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Clarens
Rated 4.7 out of 5 based on 3056 reviews.
"Asemrowende mooi omgewing as jy van die berge en absolute rustigheid hou. Verskeidenheid klein winkeltjies wat iets anders as die gewone bied. Ons het ook die Baris Kaasplaas en restaurant as uitmuntend beskou. Definitief 'n besoek werd."
"Beautiful area, I wouldn't mind going back, especially during winter to see the snow on the mountains. "
"Ongelooflike natuurlandskap reg rondom die dorp. Lieflike, rustige atmosfeer met interessante winkeltjies en voortreflike restaurante om te probeer. 'n Plek wat elke mens móét ontdek!"
"Natuur fantasties, sekere winkels netjies met puik voorraad en diens, ander kom oud voor en behoort vernuwe te word. Sekere restaurante puik terwyl ander effe vuil en slordig voorkom. Strate vuil met gemors en verkope van produkte sonder stalletjies behoort gestaak te word ─ sulke produkte staan heeldag in son."
"Clarens bly 'n aangename dorpie om te besoek en is puik geleë as basis om die prag van die Oos-Vrystaat, asook dele van Lesotho te verken. "
"Awesome. Goeie diens van die eetplekke. Die mooiste goeters in al die winkeltjies en die omgewing is pragtig. Dit is 'n weer-soontoe-gaan werd."
"Kuier altyd lekker in Clarens. Mooi omgewing, mooi winkeltjies en lekker kos! Naby genoeg aan Pretoria vir 'n naweek-uitstappie."
"Awesome place! One of my favourite, quiet, peaceful little towns with joy. "