Verified Reviews
Dinokeng Game Reserve
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Dinokeng Game Reserve
Rated 4.3 out of 5 based on 581 reviews.
"The permit information is not very clear for first timers. It is a bit tricky to navigate the reserve and know which roads you may and may not take especially regarding the permits."
"Ons het heelwat wild gesien. Ons het nie die groot 5 gesien nie, maar dit steeds baie geniet. Die padkaart wat jy by ontvangs kan koop saam met die selfdrive permit, is baie volledig."
"A bit overstated as Big 5 game reserve. Game is sparsely populated and travellers are lucky if they see 1 of the Big Five unless possibly on a game drive as the guides generally know where the Big 5 were last seen."
"Reservaat self is nie in my opinie op die klas waar dit moet wees nie. Daar is te min diere. Iets op die grond self is nie reg nie, want daar is bitter min insekte ook wat sê daar is iewers fout. Gewoonlike sien mens in reservate orals meerkatte, grondeetkorings en mongoose, maar ons het niks daar gesien van dit nie. Die reservaat self kort regte natuurbewaarders of gidse. Ek verstaan daar is baie volunteers, maar dit help nie. Die gebied self het baie bottles en vuilgoed en teen die grenshek is daar 'n plakkerskampaffêre. Die pad deur die reservaat maak ook groot promleme, want elke keer as ons daar gaan, jaag taxi's daardeur en oorvat ons om verby te gaan. Die laaste keer het die taxi verbygejaag en amper 'n groep impalas gestamp. Hulle gaan meer beheer moet hê oor die park as hulle dit 'n regte park wil maak. Daar is ook ooglopende hokke in 'n privaat eiendom met ape in (dit maak nie sin in 'n reservaat nie). "
"Dit was 'n belewenis gewees, mense wat van die natuur hou kan maar gerus Dinokeng toe gaan. Die game drive is 'n moet. Ek sal enige tyd weer teruggaan Tendeni Lodge toe."
"Would be wonderful if the game could all roam free without any fences, except the boundary fence to keep them safe."
"This place is a hidden Jem and I love going there. We go there at least 3 times a year."
"Ek dink Dinokeng is dalk nie bekend genoeg aan mense nie. 'n Mens sien dit op Google, maar die omvang in grootte, die afsonderlike blyplekkies binne in die groot reservaat, word nie deeglik omskryf nie. Dit was blote toeval dat die prentjies op Google van Foreva Wild my oog getrek het, wat gemaak het dat ons daar bespreek het, maar ons sal enige tyd weer gaan. Dit was absoluut fantasties, nie eers op die teerpad wat deur die reservaat loop, het ons eenmaal gevoel karre jaag en maak dit onsmaaklik nie. Ons was al baie in die Krugerwildtuin maar sal nie sommer weer so ver ry as ons dit binne 45 minute vanaf ons huis, in Dinokeng vind nie. Absoluut 'n fees van 'n tyd gehad!"
"Dit sal goed wees om besoekers vooraf te waarsku dat daar aparte ingangsfooie en heffings is om Dinokeng Reservaat te mag binnegaan, en om op jou eie te mag rondry, indien besoekers dit wil doen."
"Daar is 'n groot verskeidenheid van plekke om van te kies wat verblyf aanbetref wat lekker is. Mens moet net nie Krugerwildtuin verwag as dit by die diere kom nie want dan gaan jy teleurgesteld wees. Vir die grootte van die reservaat is daar genoeg diere."
"Professional end efficient booking and access control. Some main gravel roads need attention (Wagendrift Road). Picnic sites are well maintained with clean ablution. Unfortunately, we were visiting midweek so we couldn't experience any of the food being sold at picnic sites over weekends."
"Groot 5 is bietjie skaam. Maar baie bokke, sebras, kameelperd en blouwildebeeste gesien."
"We absolutely loved Dinokeng Game Reserve. It seems to be very well run and maintained and there is ample game to keep you on the lockout on game drives."
"Die reservaat is baie goed versorg en ons het die self-drive baie geniet. Heerlike eetplekke met goeie diens."
"Dit is besonders mooi en presies wat mens verwag van die bosveld. Ons sal graag terugkeer daarheen."
"Dinokeng has lots to offer for the visitor who loves nature and wants the bushveld experience. There are ample opportunities to view game and really unwind from the busy city life."
"Regarding self-drive maps should be more accessible. The layout and means of access to self-drive routes from Siyaya and activities within the Reserve should be readily available. (Especially for first-time visitors who don't know how things operate)."
"I would just suggest that the "self drive route " signs be updated. We were caught a few times along roads that my car couldn't maneuver through."
"Wild was skaars maar die omgewing pragtig. Verkies die 'self-drive' opsie en kon rustig die plek verken. Ontvangs deur Susan en Robert was onberispelik en baie professioneel. Sal weer oorweeg in die toekoms. Kan baie sterk aanbeveel."
"Dinokeng is so naby aan Pretoria - die lekkerste ding is dat mens is binne 40 minute weer by die huis."
"Die bewaringsfooie is buitensporig. Die grondpad na die Wilderness Way-hek is in 'n toestand. Die sinkplate verniel alles wat daar oorry. Die bewaringsfooie is veronderstel om te gaan vir die onderhoud van die reserve en die paaie. Maar soos dit vir my lyk is dit soos Sanral-tolhekke en die geld verdwyn in die sakke van die top brass. "