Geverifieerde Resensie
Drakensberg, South Africa
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Drakensberg, South Africa bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 4382 resensies.
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Talking Trees Self-Catering House"Clarens is bekoorlik tussen die berge... baie om te doen om te ontspan!"
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Lake Clarens Guest House"As jy dol is oor spitsverkeer in die middae, die rumoer van motoriste wat gegrief op hulle toeters lê, beswaarde uitdrukkings afgeëts op hul gelaat, en indien die monotoniese geloei van sirenes soos musiek in jou ore is en die nimmereindigende gedreun van motors vir jou emosionele voedingswaarde bied; en indien die pastorale vreedsaamheid van ’n landelike omgewing die vrede in jou gemoed ondermyn, en indien die geruis van die wind in die blare, en die potpourri van afwisselende plaasdiergeluide jou ontstel … moet jy liewers nie na Clarens kom nie. Indien die teendeel wel die geval is … verstaan ek nie waarvoor jy wag nie. Hierdie tyd van die jaar is Clarens die toonbeeld van die idilliese omgewing – sowel die dorp self as die omgewing. Ek hunker reeds daarna om terug te keer."
Clocolan, Drakensberge, Suid-Afrika
Vlakbult Guest Farm"Baie mooi omgewing. Het kersiefees besoek en het die sjokoladefabriek baie interessant gevind. Het ook treingery by Sandstone Estates. Kersie Padstal-middagete geniet. "
Fouriesburg, Drakensberge, Suid-Afrika
Affi Lande Boetiek Guest Farm & wedding venue"Een van die pragtigste omgewings in die land."
Fouriesburg, Drakensberge, Suid-Afrika
Wegkomkans B&B"Fouriesburg het, soos talle ander Vrystaatse dorpies, 'n outydse sjarme waar die mense mekaar ken en ondersteun. Dit is baie rustiger om in Fouriesburg oor te bly as in Clarens."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Cottage Pie"Clarens laat my voel of ek op 'n ander kontinent is, ontspan van dag een af."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Jovali"Clarens is 'n mooi toeristebesteming. Dit is 'n besige dorp oor naweke, maar nie te bedruk nie."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
La Bri"Would imagine a decent supermarket close by. Would be a boon (e.g. Checkers, Spar etc.)."
Rhodes, Drakensberge, Suid-Afrika
Amanzi Empilo Bungalow"'n Moet... Dit is vir enigiemand met 'n voertuig wat die grondpad kan aandurf! Nie noodwendig 4x4 nie. "
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
V'Kansi Khaya"Heerlike ontspanning en diversiteit in die dorp. Omgewing is natuurlik beeldskoon!"
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Domaine Sérénité"Besoek gerus die Highlander Espresso bar vir uitstekende koffie!"
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Knock Out View"Dit was wonderlik om in so 'n skoon dorp met sy eie unieke karakter te kuier. Die afwesigheid van die winkels wat orals anders te siene is - die franchises en kettingwinkels - was verfrissend en sorg vir 'n groot deel van die dorp se uniekheid. Die natuurskoon is natuurlik 'n groot pluspunt! Die vriendelikheid van die mense was ook opvallend."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Jovali"Clarens is 'n oulike toeristebestemming en die feit dat jy op een plek kan parkeer en orals heen kan stap is 'n bonus. Daar is interessante winkeltjies, maar van die items is nogal duur. "
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Rooiland"Dit is 'n baie mooi omgewing en ook baie interessant met al die kunswinkeltjies en eetplekke. Baie beïndruk met die mooi landskap en berge."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
The Nelsbells Cottage"Sal definitief weer in Clarens 'n draai maak."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Red Mountain House"Vriendelike mense, lekker eetplekke en baie kuns. Lekker naby Golden Gate wat waarlik 'n belewenis is om deur te ry. En moenie vergeet om die twee draaie te ry en die diere wat in groot troppe daar in die berge bly te bewonder nie."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Highland Quarters"Enige toeris moet Clarens ten minste een maal beleef en deur die Golden Gate Nasionale Park reis"
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Zwartmodder"Interessant en nie die gewone nie. Eetplekke is voortreflik."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
RiverWalk Guest House"Winkels maak al 16h00 toe. Te vroeg vir n Vrydagmiddag!"
Fouriesburg, Drakensberge, Suid-Afrika
Affi Lande Boetiek Guest Farm & wedding venue"Pragtige omgewing."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Fairview Cottages"Die omgewing is pragtig. Tipiese kunsdorpie, maar oulik."
Himeville, Drakensberge, Suid-Afrika
District Road"Sani Pass is the attraction. Himeville, unfortunately, in my humble opinion, is slowly losing it's tourist attraction."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Larola Terraces"Claren sal altyd een van my gunstelling plekke bly om te besoek. Winkeltjies te veel vir een dag en kry dit reg om jou beursie leeg te maak, al het jy nie beplan om geld uit te gee nie, kuns galerye fantasties. Restaurante heerlik. Roter Hahn Restaurant en Delhi het 'n heerlike eg-Duitse spyskaart en puik diens en lekkernye vir piekniek hou by Golden Gate. Die Clarens Bier Brouery is ook 'n moet!"
Winterton, Drakensberge, Suid-Afrika
Lilac Lodge / Purple House"Baie mooi omgewing, veral as jy die minder bekende roetes neem en van die snelweg af bly. Daar is heelwat besienswaardighede in die omgewing, binne 'n redelike afstand van Midlands Meander af. Winterton self is klein en plattelands, en as mens daarvan hou is dit ideaal. "