Geverifieerde Resensie
Eastern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 6445 resensies.
"Hogsback is ongelooflik mooi en baie om te doen en sien. Doen jou navorsing en besluit wanneer is die beste tyd om te gaan afhangende van wat jy wil doen of sien of ondervind."
"Dit is 'n baie mooi dorpie met baie lekker toeristeplekkies. Mense moet dit meer kom besoek, dit het ietsie vir almal. Dit het bietjie swaar gekry in Covid, maar die mense gaan aan en almal is vreeslik vriendelik."
"Graaff-Reinet het baie geskiedenis en baie om te sien. Sal definitief die dorp aanbeveel vir oorslaap."
"Ons het die stilte van Paradysstrand baie geniet. Kon kilometers langs die strand loop sonder die vrees om aan Covid blootgestel te word."
"As jy bereid is om die grondpaaie aan te durf is daar baie om te sien. Mooi natuur en ook geskiedkundige plekke."
"Onderhoud en instandhouding van die dorp nie op standaard nie. Baie vriendelike mense. Goeie restaurant by Muller’s House."
"Undiscovered South Africa. The ideal route when travelling from Cape town to Durban."
"Beslis die moeite werd om oor te slaap en die omgewing/dorp te sien."
"Die dorp is pragtig! Klein, maar het alles wat jy benodig. Parkeer jou kar, neem jou kamera en verken die dorp te voet. Dit is die beste manier. Baie museums, kunsgallerye en natuurlik die Vallei van Verlatenheid. Moet besoek!"