Verified Reviews
Eastern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Eastern Cape
Rated 4.4 out of 5 based on 6503 reviews.
"Lieflike strande, lekker speelplek op die duine. Cannon Rocks kan aanbeveel word!"
"Pragtige plek. Dit is net die baas van die Kaktuskwekery (tuin) wat nie 'n goeie ambassadeur vir sy dorp is nie. Hy het ons gevra om te loop want hy wil toemaak. Baie ongeskik! Ons het 13:30 daar gekom, volgens kennisgewing op die hek sluit dit eers 16:30. Ons was almal verstom oor hy so ongeskik is."
Gqeberha (Port Elizabeth), Eastern Cape
Tyday Accommodation"'n Mooi en skoon stad met baie eetplekke en inkopiewinkels. Die wind is net baie erg! Ons het die wildtuin baie geniet! (Die toegang is baie duurder as die Kruger Wildtuin.)"
"Seker dat toeriste dit sal geniet. Ons het vir 'n familietroue gekuier en nie regtig die plek besoek nie."
"The people of Lady Grey are just amazing. They go out of their way to assist you and are super friendly."
"Graaff-Reinet is inderdaad die juweel van die Klein Karoo - 'n plek waar 'n mens nie net moet oornag nie, maar waar jy jouself genoeg tyd moet gun om al die interessanthede te besoek en sommer net die dorpie met sy pragtige huisies te geniet."
"Pragtige dorp en vakansieplek, maar die strate is in 'n bedenklike toestand!"
"Dorp is netjies, Vallei van Verlatenheid was 'n belewenis. Resturante was van goeie gehalte."
"Sal graag 'n eetplekkie vir ontbyt en aandete in die omgewing wil sien. Bluewater Bay is rustig en stil, mens wil nie altyd stad toe ry vir ontspanning na-ure nie. Indien 'n persoon werk wil jy ook nie na-ure staan en 'n maaltyd voorberei nie, Spar het ook nie alles nie. Ons was ook nie alleen nie, daar was nog sewe ander gesinne saam in die omgewing vir die naweek."
"Baie oulike dorp met als wat mens kan aan kan dink om te doen en goeie winkels as jy iets nodig het."
"Fantastiese dorp. Hulle het onlangs begin om ernstig aandag te gee aan toerisme en ek glo dit sal in die toekoms nog baie groei."
"Gonubie is 'n oulike dorpie as jy baie rustig wil wees en vroeg in die aand by die huis wil wees, aangesien daar nie veel plekkies is om te besoek nie. Die Hemingways Mall in Oos-Londen is 'n moet om te besoek!"
"Nieu-Bethesda is een van daardie moet besoek plekke. Dit het 'n ou wêreldse bekoring met lekker kuier en eetplekkies. Daar is 'n rustigheid in die dorpie met sy stofpaaijies. Almal is vriendelik en behulpsaam en maak die besoek soveel meer aangenaam. Wees bewus: daar is geen brandstof, OTM's of kaartmasjiene op die dorpie nie, alles streng kontant."
"Pragtige dorp met interessante natuurskoon en fasiliteite - rivier, strand, lang plank-wandelpad."
"Unfortunately Dordrecht did not get enough rain in the last season and is undergoing a terrible drought, but the mountains and surroundings are still breathtaking. We pray for rain soon. "