Verified Reviews
Eastern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Eastern Cape
Rated 4.4 out of 5 based on 6660 reviews.
"'n Aanbeveling om die mooi eenvoud weer raak te sien en jou siel te voed."
"Mal oor die plekkie. Baie interessant en ons eerste keer daar en sal vir seker terug wees."
"Jy moet weet hoekom jy hiernatoe kom. Dit gaan oor die rustigheid en die afgeleë platteland."
"Ons het 'n pragtige onverwagte Mahem Kraanvoël by 'n reservaat in die middel van die dorp gesien. Daar is ook 'n lekker stap-roete van die strand tot by die riviermond."
"'n Karoojuweel! 'n Gasvrye dorp wat is wat hy is, onopgesmuk en hartlik. Die Uilehuis 'n diep-dink en weer-dinkplek, maar verseker nie die enigste besienswaardigheid nie. "
"Hogsback is 'n sprokiemooi klein dorpie in die Amathole berge, een van die mooiste plekke om te gaan stap of bergfietsry."
"Vir my persoonlik: halfpad vanaf Mpumalanga na Knysna. Sal weer as geleentheid voordoen op Middelburg oornag ."
Makhanda (Grahamstown), Eastern Cape
A Stone's Throw Accommodation"Sal baie graag meer tyd wou spandeer. Wil na al die besienswaardighede gaan kyk. Het net 'n paar ure gehad voor donker en voor volgende oggend se vertrek. Baie slaggate in die dorp."
Gxarha (Morgan's Bay), Eastern Cape
Plan B"Baie mooi uitsig. Lekker staproetes op die strand en langs die bergkloof. Hotel se restaurant is baie gerieflik, maar mens sal moet bietjie uitry vir kruideniersware en ander aktiwiteite."
"Leon by Olive Schreiner museum is baie toegewyd. Beslis 'n besoek werd. "
"Vir iemand wat hou van die buite lewe en diere is dit die plek waar jou hart sal rus! Pragtige stil natuurskoon omgewing."
"Lieflike dorpie. Vriendelike mense. Het verskeie gastehuise en selfsorgeenhede al gebruik en almal was goed. "
"Gorgeous and charming little town. Loved the architecture and the friendly people. "
"Party huisies word sleg verwaarloos. Maar gaan seker by elke klein dorpie so. "
"Baie mooi en pragtige dorp met baie vriendelike mense. Gaan definitief weer daarna toe gaan en wil graag na die Gamdeboo reservaat toe gaan."