Geverifieerde Resensie
Eastern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 6445 resensies.
"Die paaie in die dorp is vol gate. Baie vuil wanneer jy die dorp verlaat aan die suide kant."
"Steytlerville is a place to relax, the people of Steytlerville are so welcoming and friendly. Die Rooi Malva is definitely a place to pop in for a quick bite. "
"Pragtige dorpie met heelwat om te sien en te beleef. Sal graag een keer bietjie vir 'n paar nagte wil oorbly ipv van net 'n vinnige nag oor te bly."
"A fascinating, inspiring, interesting, multi faceted safe place to stay! Pear blossoms were spectacular in late September. Restaurants for all tastes with great food at very reasonable prices. Such friendly people."
Gqeberha (Port Elizabeth), Oos-Kaap
Over The Edge Cottage"Gqeberha (Port Elizabeth) is a great escape when you live in the middle of the Karoo."
"Geen inligtingsentrums was oop. Gesukkel om enigiets uit te vind oor Lady Grey. Lyk vir my as jy Oos-Kaap toe wil kom moet jy ’n goeie studie maak van elke dorp se besienswaardighede op die internet. Ons het die Ben 10 gery, dis 4x4-roetes. Dis nie toeristevriendelik nie."
"Ek sal nie sommer weer Jeffreysbaai toe gaan nie. Daar is net eenvoudig niks om te doen behalwe vir die skulpiemuseum nie. Die plek is verseker binne-seisoen lewendig met baie dinge om te doen, maar buite-seisoen gaan daar nie veel aan nie. 'n Mens kan ook net soveel padstalletjies en wildsplase besoek."
"Baie interessante historiese geboue. Die ingange na dorp is erg rommelbestrooi en aandag moet daaraan geskenk word. Eerste indrukke is dikwels blywend."
"Pragtige dorpie. Rustig met veilige strande. Die munisipaliteit laat die inwoners van die dorp in die steek. Van die restaurante was ongelukkig op die publieke vakansiedag gesluit."
"Ons het op 'n Donderdagaand oorgeslaap en het gevind dat daar nie restaurante oop was nie. Buite seisoen gaan daar nie veel aan op Jeffreysbaai nie."
Gqeberha (Port Elizabeth), Oos-Kaap
Sea Otters Lodge"Wel, my pasgetroude vroutjie is gebore in PE. So haar wortels is diep geplant daar en ons sal altyd daar gaan kuier."
"Aangenaam verras met Nieu-Bethesda as 'n reisbestemming. Sal beslis vir langer tydperk weer gaan kuier in die dorp waar mens waarlik kan asemskep."
"Een van die top-toeristedorpe in SA. Ek kom altyd terug. Vriendelike, pragtige mense en so baie om te sien en mooiste, mooiste natuur."
"Mthatha het my aangenaam verras met alles wat dit bied in terme van diens en geriewe. Geleë in 'n werklik beeldskone deel van Suid-Afrika en gevul met baie gasvrye, vriendelike mense."