Verified Reviews
Eastern Free State Highlands
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Eastern Free State Highlands
Rated 4.6 out of 5 based on 3488 reviews.
Clarens, Eastern Free State Highlands
Rooiland"Die natuur is pragtig en so rustig. Lekker verskeidenheid restaurante om van te kies. Interessante winkels om te besoek."
Clarens, Eastern Free State Highlands
The Nelsbells Cottage"Lieflike naweekplek. Ons gaan elke jaar oor die tyd. Bly om te sien daar is baie nuwe plekkies."
Fouriesburg, Eastern Free State Highlands
The Fat Mulberry Guest Farm"Fouriesburg is a peaceful place to be."
Clarens, Eastern Free State Highlands
Jovali"Baie mooi en netjiese skoon dorp vol eetplekkies en kunswinkels."
Clarens, Eastern Free State Highlands
Birch Cottage"Ons het die dam geniet. Daar is ook baie staproetes. Die dorpie is pragtig en daar is die pragtigste goed om te koop wat jy nerens anders sal kry nie. Die berge is asemrowend. Daar is restaurante om van te kies en keur. Pragtige dorpie!"
Clarens, Eastern Free State Highlands
Cottage Pie"Pragtige dorpie vir veral diegene wat die natuur en kuns waardeer. Die oulikste winkeltjies om in rond te snuffel."
Clarens, Eastern Free State Highlands
Linwood Guest Farm"Lieflike vakansie-atmosfeer in die berge."
Clarens, Eastern Free State Highlands
Kahara Maluti Lodge"Far enough away from Johannesburg to feel like a holiday, but not so far that you are exhausted from the drive. The restaurants serve excellent food, with craft beer and gin in ample supply. Quaint shops and galleries, in a tranquil mountain setting."
Clarens, Eastern Free State Highlands
2 The Mews"Clarens is die plek om te gaan ontspan uit die stad uit!"
Clarens, Eastern Free State Highlands
Thaba Lapeng Mountain Escape"Rustig en 'n lekker plek om te ontspan en die natuur te geniet."
Clarens, Eastern Free State Highlands
Francisco Guesthouse & Villa Clarens"Gosto Restaurant was uitmuntend met puik kos en vermaaklikheid. Sal enigiemand aanraai om daar 'n draai te maak. Clarens is 'n puik dorpie vir toeriste of sommer net 'n dag uit die stad."
Clarens, Eastern Free State Highlands
Hannic's Retreat"Clarens is seker een van die mooiste dorpe om te besoek. Ek hoop Clarens kan in die toekoms die versoeking weerstaan teen groot kettingwinkels, want dit is juis die feit dat dit klein en oulike, meestal selfgemaakde produkte in die winkels is wat bydrae tot die dorp se unieke atmosfeer. Die dorp is ook geleë in 'n gedeelte van die land met die mooiste natuurskoon."
Clarens, Eastern Free State Highlands
Rooiland"Ons was aan die begin Desember in Clarens - asemrowende natuurskoon waarvan foto's nooit genoeg kan vertel nie, unieke winkels en eetplekke, staproetes orals in die omgewing. Golden Gate word sterk aanbeveel. Oorgenoeg om jou geïnteresseerd en besig te hou."
Clarens, Eastern Free State Highlands
Views"Shops too expensive for pensioners. Prices, even in the restaurants seems to cater for people with foreign currency. The loud drum music played in the main square until late on Saturday night. It spoiled my weekend which started off peacefully. Maybe this town only caters for the younger generation."
Clarens, Eastern Free State Highlands
De Molen Farm"They had a festival there this weekend, Clarens is for the arts and tasteful entertainment, not a loud music festival."
Clarens, Eastern Free State Highlands
Piccolo Nido"Clarens het swaar gekry tydens die inperking, dit kan duidelik gesien word."
Clarens, Eastern Free State Highlands
La Bri"Clarens en omstreke is 'n pragtige omgewing en gelukkig was die dorp self ook skoon, dit lyk egter of Golden Gate park se wild verdwyn het, die toegangbeheerhekke op die hoofpad lyk ook verskriklik, dis glad nie 'n goeie advertensie vir 'n toeris nie, dit lyk of die plek gestroop word."
Clarens, Eastern Free State Highlands
Arundel Studios"Die dorp self bied net genoeg om jou besig te hou. Die omgewing is besonders mooi met baie baie interessante berg formasies. Daar is 'n paar goeie restaurante om te probeer en ook die Golden Gate Nasionale Park in die onmiddellike omgewing."
Clarens, Eastern Free State Highlands
The Gate Guesthouse"A wonderful village with awesome eateries, brewery and distillery. Sandstone Estate 50 minutes away was a superb hidden gem."