Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 15801 resensies.
Struisbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Fagans"Kommentaar positief en aangename omgewing vir ontspanning."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Aloha 3"Pragtige dorpie. Vriendelike mense en heerlike kos. Klomp kunsgalerye en lekker rond krap winkels. Voel soos 'n klein Griekeland met al die wit huisies! Ons sal verseker weer soontoe gaan!"
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Sandals"Net jammer van die eetplekke en winkels maak eers van Woensdae oop en eers 9 uur, dis al klagte."
"Pragtige, netjiese geskiedkundige dorpie, goeie wyne beskikbaar, rustige atmosfeer."
"Daar is soveel interessante, uiteenlopende plekke om te besoek. Ook maklik bereikbaar."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Aloha 1"Paternoster is 'n pragtige rustige dorpie met vriendelike mense en lekker vis ek sal beslis mense aanraai om hierdie dorpie te besoek vir 'n wegbreek uit die stad."
Riviersonderend, Ontsnap Uit Kaapstad
Die Ponthuis"Onbewus van enige interessanthede in die distrik."
Melkbosstrand, Ontsnap Uit Kaapstad
Quest Bed and Breakfast"Melkbosstrand is 'n rustige dorpie. Ek love dit!"
Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad
Strandloper Self Catering Units"Ons het die wynproe in die Hemel en Aarde Vallei baie geniet - daar is die mooiste wynlandgoedere!"
Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Weskushuis"The people we saw were all very friendly and everyone greeted. "
Bredasdorp, Ontsnap Uit Kaapstad
Ou Werf"Die twee dagies was net te kort om die dorpie regtig te verken, maar wat ek kon sien spreek van rustigheid."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Aloha 3"Baie lekker en mooi plek om vakansie te hou, wat wel pla is die baie rondlopers tussen die huise wat mossels en krewe smous, ook by die uitkyk plekke, glo ook baie ondermaat krewe word geoes."
Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad
Strandloper Self Catering Units"Glo nie jy kan sommer mooier kry nie en wat dit so spesiaal maak is dat die honde net so deel van die gemeenskap is, word tot in 'n gedeelte van die restaurant (Milkwood) toegelaat om saam te kuier. Die wandelpad is pragtig, netjies en veilig en ook daar is geen tekort aan die vierpoot gemeenskap, wat dit meer spesiaal maak, nie. Voel regtig baie veilig daar en ook 'n plek waar jy net kan rus in vrede."
Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
21 on Bakoond"Beeldskoon, rustig, skoon en daar kan mens behoorlik rus in vrede."
Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad
Buitenstekloof Pomegranate Homestead"Netjiese skoon dorp met vriendelike mense."
Riviersonderend, Ontsnap Uit Kaapstad
Die Ponthuis"Daar is nie juis 'n dorp nie, maar die omgewing met die gestroopte koring en kanola lande is baie mooi en die golwende huewels soos ons gery het is baie mooi."
Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad
Buitenstekloof Pomegranate Homestead"Ek en my vrou is baie lief vir Robertson en wou graag daar gaan aftree. Pragtige dorp."
Barrydale, Ontsnap Uit Kaapstad
The Karoo Moon Motel"Oulike plekkie. Net jammer winkeltjies maak so vroeg bedags toe."
Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad
Engela's Overnight Accommodation"Robertson is 'n mooi dorp met verskriklik baie om te doen. Daar is baie wynplase in die omgewing om te besoek."