Verified Reviews
Escape From Cape Town
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Escape From Cape Town
Rated 4.6 out of 5 based on 16534 reviews.
Riviersonderend, Escape From Cape Town
Die Ponthuis"A nice little place very quiet, for resting it is the perfect place surrounded by farms. We enjoyed it very much."
Witsand, Escape From Cape Town
@ The C right in front on the C"Witsand, in my opinie, is 'n ongeslypte diamant. Die area se walvistelling is elke jaar hoër as Hermanus, en hulle spog as die 'whale nursery' van die kuslyn. Ons het dit inderdaad so beleef. Dis 'n klein kusdorpie, met 2 winkels, 'n klein kerkie, 2 restaurante teen die strand en vakansiehuise. Dit is verseker pretensieloos aan die ou kant, maar soos by meeste plekke is dit effens bederf met 'n nuwe landgoed ontwikkeling by die ingang van die dorp. Uit 'n ontwerpsoogpunt voel die dorpie effens perongeluk. Daar is min in die lyn van bakens, of enigiets wat as leidraad dien om jouself te oriënteer. In hierdie geval dink ek Witsand het potensiaal om 'n bestemmingsdorpie te word met egte bekoorlikheid. Witsand se mense, aan die ander kant, is baie vriendelik en aangenaam, en trots op hulle dorpie. Ons sal verseker teruggaan."
Jongensfontein, Escape From Cape Town
Aloe View Homestay"Asemrowende plekkie om weg te kom en net te rus."
Robertson, Escape From Cape Town
On the 18th"Ons geniet dit om in Robertson te gaan kuier. Ons het die aand by die Four Cousins restaurant gaan eet. Die kos smaakvol en baie goed voorberei en bedien. Ons sal Four Cousins definitief aanbeveel."
Clanwilliam, Escape From Cape Town
Clanwilliam Hotel"Hulpvaardige mense en 'n ideale vakansiebasis dorp om ook die omgewing te verken."
Pearly Beach, Escape From Cape Town
Pearly Stay"Ons het ons eerste oggend na die see toe gestap en op 'n groep stropers afgekom. Daarna onveilig gevoel en die see vermy."
Paternoster, Escape From Cape Town
Komyntjie 3"Die lieflikste, rustige dorpie met wonderlike eetplekke."
Witsand, Escape From Cape Town
Suzys Accommodation"Oulike, rustige plekkie langs die kus. Maar, mis 'n bietjie "magic" van ander kusdorpies soos Stilbaai of Arniston."
Swellendam, Escape From Cape Town
Aviento Guesthouse"Uniek, pragtig met oulike winkeltjies en eetplekke!"
Montagu, Escape From Cape Town
Koo Karoo Guest Lodge & Self-catering"Dis ‘n plek wat mens moet sien en beleef. Ouwêreldse sjarme."
Citrusdal, Escape From Cape Town
Cederkloof Botanical Retreat"Die omgewing is pragtig, maar die dorp was chaos!"
Citrusdal, Escape From Cape Town
Cederkloof Botanical Retreat"Jammer die gholfklub is toe in die week. Geen slaghuis en restaurant?"
Langebaan, Escape From Cape Town
Paradise Beach Langebaan 9 Elara"Lekker klimaat, baie om te sien en te doen."
McGregor, Escape From Cape Town
Sunflower Cottage"Lovely weekend in the cottage and in Mcgregor - very nice small town with friendly community, good food, and lots of things to do. "
Mykonos, Escape From Cape Town
Amorgos Place"Baie nice, uitstekende vakansie bestemming en die Laguna Mall is ook 'n bonus."
Jacobs Bay, Escape From Cape Town
Verdoesie"Stil en rustig, voorwaar 'n plek om te ontsnap heen as jy will wegkom van die daaglikse gejaag en geraas."
Clanwilliam, Escape From Cape Town
Hangnes @ Boskloof Swemgat"Baie netjies en alles wat jy nodig het kan jy daar kry."
Grotto Bay, Escape From Cape Town
Cockleshell Beach House"Hierdie plek is soos geen ander. Die rustigheid wat hier heers is ongelooflik en so goed vir jou siel. Dis veilig, ongerep en pragtig."