Geverifieerde Resensie

Escape From Cape Town

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 16054 resensies.

Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad

Astrandt 2

"Paternoster is die heerlikste plek om werklik te gaan ontspan."

Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad

De Ware Jacob

"Beautiful environment, peaceful. "

McGregor, Ontsnap Uit Kaapstad

Orchard Cottage

"Ons woon al 7 jaar in die Kaap en wou nog altyd McGregor besoek. Omdat dit nie op enige hoofroete geleë is nie, het ons verskeie kere verbygery en nooit afgedraai nie. En daarin lê die dorpie se bekoring. Jy moet 'n klein bietjie moeite doen om daar uit te kom (as mens die 20 km van Robertson af as moeite kan beskou), maar jy word beloon met 'n rustigheid wat moeilik te vinde is ."

Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad

Strandlopertjie

"Baie mooi dorpie en die strand is ook mooi."

Struisbaai, Ontsnap Uit Kaapstad

87 Marine Drive

"Baie rustig, kan nog die skoonheid geniet."

Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad

Seekat on Malmok

"Pragtige plek met dierbare mense."

Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad

Casa Del Mar 214

"Hermanus is 'n prentjie-mooi bestemming."

Citrusdal, Ontsnap Uit Kaapstad

Citrusdal Guest Rooms

"Sonsondergange is baie mooi op die berge."

Kleinmond, Ontsnap Uit Kaapstad

Kleinmond Panorama Holidays

"'n Goeie naweek wegbreek vir individue uit die stad. Dorp is baie rustig met min lawaai of verkeer. 'n Paar oulike winkels in Harbour rd. Sal definitief weer 'n draai kom maak."

Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad

Die Kraaltjie

"Robertson is 'n ongelooflike mooi dorp en die omliggende wynplase maak dit 'n droomvakansie. Dit is ook naby genoeg aan Struisbaai vir 'n daggie by die see of Worcester indien die winkels jou roep. "

Tulbagh, Ontsnap Uit Kaapstad

Raptor Rise Farm

"Daar is beslis 'n behoefde vir meer restaurante in die Tulbagh en die omgewing."

Arniston, Ontsnap Uit Kaapstad

Arniston Spa Hotel

"Die regte bestemming as jy die natuur wil beleef en wegkom van die stad. Ongelooflike mooi see en veilige strand ervaring."

Swellendam, Ontsnap Uit Kaapstad

Leeurivier-onder-die-Hoogte-Die Plaashuisie

"Daar is wraggies alles wat 'n mens kan wil benodig in daai dorpie."

Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad

On the Beach

"Kon nie glo hoe dit uitgebrei het nie. Die mooiste huise gesien. Baie lekker Spar."

Tulbagh, Ontsnap Uit Kaapstad

Lemberg Wine Estate

"Oulike dorpie maar geen apteek. Wees gewaarsku as jy medisyne nodig het. Oulike wyn en olyf plase in omgewing. Vreeslik geniet."

Rawsonville, Ontsnap Uit Kaapstad

PicardiPlace

"Rustige en pragtige plattelandse omgewing omring deur berge."

Villiersdorp, Ontsnap Uit Kaapstad

Theewaterskloof Country Estate

"Ek dink Villiersdorp is 'n goeie keuse om as basis te dien vanwaar die Overberg en selfs Franschhoek en omgewing verken kan word. Lekker stil en uit die gewoel van plekke soos Hermanus en Franschhoek."

Barrydale, Ontsnap Uit Kaapstad

The Karoo Moon Motel

"Baie oulike dorpie vir 'n dag besoek met 'n paar oulike winkels. Diesel & Creme is beslis die hoogtepunt in die dorpie."

Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad

Sea Shack

"Nostalgies en so mooi."

Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad

Windsor Hotel Hermanus

"'n Kenmerk vir ons was die algemene netheid van dorp."

Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad

Waves

"Die strand en see is pragtig. Net jammer dat die mense wat mossels en kreef verkoop mens nogals kan lastig val. Die feit dat jy met die intrap-slag gewaarsku word teen moontlike inbrake en diefstal is kommerwekkend. Maar anders as dit, lieflike en rustige bestemming met pragtige blou see."

Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad

Just Rest

"'n Baie mooi kusdorpie, maar as jy soontoe gaan vir 'n vakansie is dit regtig net om te rus want daar is nie veel anders om te doen nie."

Swellendam, Ontsnap Uit Kaapstad

Eenuurkop Guest Farm

"Die kinders en grootmense het Fairy Sanctuary baie geniet. Daar is baie te sien en besoek in Swellendam. Ons kon nie by alles uitkom nie."

McGregor, Ontsnap Uit Kaapstad

Boesmanskloof Blushingbride Cottage - No.1

"Eseltjiesrus se donkies maak mens se hart sag! Lord's wyne en McGregor wyne was net so lekker. Vriendelike mense, ons kom weer."

Franskraal, Ontsnap Uit Kaapstad

Perriwinkle Self-catering Accommodation

"Very limited choice of restaurants - a coffee shop like at De Kelders would have been nice, but I found it too late! However, the seafood at The Boathouse Restaurant was fresh and excellent! Tourist information office has interesting and informative exhibits and very friendly service."

Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad

Aloha 3

"Ongelukkig oorgekommersialiseerd geword en lui plaaslike besigheidsmense wat die toeris probeer uitbuit met substandaard goedere!"

Gansbaai, Ontsnap Uit Kaapstad

Oom Piet Accommodation

"Oom Piet se plek is uitstaande in Gansbaai. Als wat nodig is was in Gansbaai."

Blad
Blad 462 - Wys 13831 tot 13860

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang