Geverifieerde Resensie

Escape From Cape Town

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 16054 resensies.

Struisbaai, Ontsnap Uit Kaapstad

25 The Tides

"Struisbaai is fantasties. Die min restaurante maak op vir die lekker tyd wat jy by die see kan hê, asook om vars vis te vang of sommer by die hawe te koop. Die hawe het 'n goeie en veilige speelstrand vir klein kinders."

Gansbaai, Ontsnap Uit Kaapstad

Oom Piet Accommodation

"Wonderlike skoon dorpie. Plaaslik en vriendelike gemeenskap met alles wat jy soek vir 'n rustige wegbreek weg van die gejaag van die Kaap. Werklik 'n belewinis!"

Bonnievale, Ontsnap Uit Kaapstad

A Place in Thyme B&B

"Die vriendelikste, behulpsaamste mense ooit."

Citrusdal, Ontsnap Uit Kaapstad

Piekenierskloof Mountain Resort - Dream Resorts

"Baie rustige area, mooi uitsig, kalm atmosfeer."

Langebaan, Ontsnap Uit Kaapstad

Lagoonside @ 77

"Vrolike en vriendelike plekkie!"

Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad

Windsor Hotel Hermanus

"We love Hermanus and try to do the breakaway as often as possible. The views, food and restaurants are excellent. There is more than enough to do and the galleries is worth a visit."

Montagu, Ontsnap Uit Kaapstad

Glen Eden Farm Guest Cottages

"Pragtige streek! Gaande oor die mooi dorpie!"

Tulbagh, Ontsnap Uit Kaapstad

Bergsicht Country Cottages - Lady Red

"Tulbagh is uitstekend tussen die berge en naby Paarl geleë. Ons sal definitief weer kom en ons sal volgende keer ook die Drostdy Hof daar besoek!"

Langebaan, Ontsnap Uit Kaapstad

Sandra's Guest House

"Excellent tourism destination for people who love the sea and the beach. It's situated centrally to visit neighbouring interesting villages and places ."

Langebaan, Ontsnap Uit Kaapstad

Seeduiker

"Perfekte vakansiebestemming."

Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad

Engela's Overnight Accommodation

"Mooi wynstreek en pragtige omgewing."

Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad

16 Mile View Beach House

"Die dorp is pragtig en ons sal graag weer daar wil vakansie hou."

Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad

Paternoster Place

"Ons het die lekkerste Weskusdisse (oesters, kerrievisbredie en wildspastei) geniet by die Square Spoon. Daar is ook baie buitelanders wat die klein dorpie besoek het, dus bespreek vroegtydig. Ons het by 3 ander restaurante aangeklop wat almal vol bespreek was. By die vierde ene was daar gelukkig 'n kansellasie. Verder, herinner die boustyl van al die huise in die dorp mens aan 'n Griekse dorp. Die water is leeukoud. Hier kom eet, drink en ontspan jy. Voete was 10 sekondes in die water, dan begin dit pyn."

Montagu, Ontsnap Uit Kaapstad

Montagu Springs

"Hou aan met die goeie werk."

Barrydale, Ontsnap Uit Kaapstad

Sandy's Place

"Ek was heel verras hoe die dorp lyk: mooi, interessant en skoon."

Montagu, Ontsnap Uit Kaapstad

Montagu Springs

"Montagu is 'n fantastiese mooi dorp."

Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad

Ahoy Cottage 4

"Paternoster is 'n pragtige plek, maar maak net seker in watter deel van die dorp jy bespreek ... jou buurman versteur dalk die rus en vrede met harde musiek; onaardige rookreuke; kuiergaste en geskel en skree waarvoor ek as vakansieganger glad nie lus gehad het nie, maar sal beslis weer teruggaan om dit behoorlik te geniet."

Wellington, Ontsnap Uit Kaapstad

La Rochelle

"Baie sentraal om die platteland (Boland) te verken en beskik oor die nodige winkels vir basiese benodighede. 'n Vyfsteratletiekbaan [1 van net 3 in ons land) waar ons seun kon oefen. Goeie restaurante net buite die pragtige dorpie."

Napier, Ontsnap Uit Kaapstad

Gunner's Lodge

"Dit is 'n daguitstappie werd."

Rawsonville, Ontsnap Uit Kaapstad

Rawsonville Guest House

"Die plek is ideaal geleë vir toeriste wat na 'n bedrywige dag wil gaan rus. Die kliëntediens in al die winkels was uitsonderlik goed. Dis van die min plekke waar 'n mens nog kliphard gegroet word. Dit is 'n vriendelike dorp waar 'n mens goeie vriende kan maak."

Franskraal, Ontsnap Uit Kaapstad

Perriwinkle Self-catering Accommodation

"Franskraal is 'n baie rustige dorpie wat ek weer sal besoek."

Montagu, Ontsnap Uit Kaapstad

J's Audacious Living 2

"Iets van alles: natuur in die dorp, goeie museums, mooi kerkgebou, goeie eetplekke en lekker droë perskes."

Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad

Paternoster Manor

"Book your restaurants well in advance or you will not get a table easily, especially in December. Most restaurants are closed over Christmas and New Year."

Pearly Beach, Ontsnap Uit Kaapstad

Pearly Gates

"Ons kom al vir 32 jaar Pearly Beach toe en het alle veranderinge oor die jare meegemaak. Ek dink egter nie dat Pearly Beach op regte vlak is as toeristebestemming nie."

Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad

Weskushuis

"Perfekte plek om te rus!"

Swellendam, Ontsnap Uit Kaapstad

Marula Lodge Guesthouse

"Rustig plaatsje met wel twee hele lekkere restaurantjes: Koornlands (om te dineren) en La Belle Alliance (om te lunchen). Lekker plaatsje om even tot rust te komen. Verder niet heel veel te doen in de nabije omgeving."

Blad
Blad 481 - Wys 14401 tot 14430

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang