Geverifieerde Resensie

Escape From Cape Town

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 15622 resensies.

Swellendam, Ontsnap Uit Kaapstad

A Hilltop Country Retreat

"Ek was jare laas op die dorpie, maar dis steeds 'n pragtige plekkie vol "hidden little gems". Beslis die stilhou werd vir enige toeris wat in die omgewing is."

Agulhas, Ontsnap Uit Kaapstad

Agulhas Heights Self-catering Cottages

"Kunstenaar en "home decorator" se droom! Ons was baie aangenaam verras om te sien hoeveel restaurante en oulike winkels daar was. Die wandelpaadjies is briljant. Agulhas sal ons beslis weer sien!"

Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad

Dankbaar

"Die was nie ons eerste keer op Paternoster nie, en sal ook nie die laaste wees nie. Was beslis die beste plek waar ons al gebly het. Jammer dat die diefstal so toeneem, dit plaas nogal 'n demper op 'n mens se vakansie om alles heeltyd toe te sluit. Dit het nie juis in die winter gepla nie, was lekker "cosy" en warm in die toe huis, maar in die somer raak dit 'n probleem!"

Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad

Bamboesbaai Beach House

"Waar jy jouself weer kan vind. "

Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad

Fisherhaven Traveller's Lodge

"Beslis die moeite werd en as deel van my "Bucket list" was dit 'n onvergeetlike ervaring."

Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad

Beach Blessings Self-catering

"Overall Jacobs Bay is a nice place, wonderful views."

Rawsonville, Ontsnap Uit Kaapstad

Slanghoek Mountain Resort

"Pragtige omgewing. Heerlike wynplase en kelders."

Klapmuts, Ontsnap Uit Kaapstad

Tuinhuis

"Dit was ons eerste besoek aan Klapmuts en ons het dit nogal geniet."

Swellendam, Ontsnap Uit Kaapstad

Fleckvieh Guestfarm

"Dis 'n pragtige dorp en is sentraal geleë. "

Citrusdal, Ontsnap Uit Kaapstad

Kunje Guest Farm

"Loved the rooibos factory in Clanwilliam. Pity about poor condition of the road leading to citrusdal."

Elgin, Ontsnap Uit Kaapstad

Aanhouwen Cottages

"Baie mooi area om in te ontspan."

Simondium, Ontsnap Uit Kaapstad

Paddabult

"'n Rustige omgewing om na terug te keer nadat ons 'n dag in Kaapstad spandeer het en het ook sommer vir 'n wynproe by Vrede en Lust gegaan."

Tulbagh, Ontsnap Uit Kaapstad

Bergsicht Country Cottages - Ruby Star

"Not much to do around here, except eat and see some art/antiques. It's a lovely, friendly town though."

Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad

De Kroon

"Perfekte plek om te rus en te ontlaai! Heerlik geëet by Weskusplek."

Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad

Abalone Guest House

"Kom gereeld op Jacobsbaai en sal beslis weer Abalone besoek."

Struisbaai, Ontsnap Uit Kaapstad

Haweweg 5

"Die dorp is nie vir woelige tieners en jongmense nie. Dit is 'n dorp vir mense wat hou van op die stoep sit en die natuur wil insasem en saam kwaliteit familietyd wil hê. Lekker lang afstande stap langs die see of sommer van Struisbaai na Agulhas draf of fietsry en terug."

McGregor, Ontsnap Uit Kaapstad

Boesmanskloof Blushingbride Cottage - No.1

"Pragtige dorpie - lekker eetplekke - mooiste omgewing, natuur is hemels!"

McGregor, Ontsnap Uit Kaapstad

Boesmanskloof Eagle's Nest

"McGregor is 'n stil, rustige, maar vriendelike plattelandse gemeenskap. Die mense is soos die mense van ouds - hartsmense. "

Klapmuts, Ontsnap Uit Kaapstad

Bona Vista Self-Catering Accommodation

"'n Klein plekkie wat nog tot iets groots gaan ontwikkel. "

Wellington, Ontsnap Uit Kaapstad

La Rochelle

"Dit was my eerste besoek aan Wellington. Een woord: Asemrowend!"

Van Riebeeckstrand, Ontsnap Uit Kaapstad

Island View F5

"Die opeenhoping van besope mense in die omgewing van OK Foods is jammerlik en jaag beslis mense weg. Die strand op sigself is lieflik met heerlike lang en oop stapbare strande."

Franschhoek, Ontsnap Uit Kaapstad

Centre-Ville Guest House

"Dit was nie vreelik lekker om skemertyd, na aandete, rond te wandel nie. Die boemelaars was bietjie lastig. Twee van die plekke se diens was ook nie watwonders nie. Illy koffiewinkel het tekere gegaan omdat ons met 'n vaste R100 betaal vir 'n koffie en hulle het nie kleingeld nie. En by Bon Bon wag ons tot vandag nog vir die middagete spyskaart. Verder was die dorpie pragtig, met 'n rustige atmosfeer."

Swellendam, Ontsnap Uit Kaapstad

30 Lichtenstein

"Dit is 'n pragtige en skoon dorp. 'n Mens voel baie veilig om daar rond te loop. Die inwoners is baie vriendelik en hulpvaardig."

Blad
Blad 484 - Wys 14491 tot 14520
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang