Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 16054 resensies.
Jongensfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
Seesig Chalets"Fantastiese plek, my droom om daar te kan bly. Stilbaai beslis ons gunsteling."
Swellendam, Ontsnap Uit Kaapstad
Aanhuizen Guest House"Die Wildebraam Berry Estate is 'n goeie stop om te maak! Lekker proe van likeurs en ingelegde lekkerte!"
Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
61 Lutie Katz"Heerlike vakansiedorp en al die nodige winkels (Spar, apteek ens.). Pragtige staproetes en heerlike seelug. Mooi loop- en swemstrand. Lekker naby aan Kaapstad (net so 'n uur se rustige ry). Pasop vir die kameras!"
Franschhoek, Ontsnap Uit Kaapstad
Centre-Ville Guest House"Die dorp is baie mooi en daar is baie plekke om te besoek."
Langebaan, Ontsnap Uit Kaapstad
Flamingo Park A2"Ek is mal oor Langebaan, hou daarvan om vir 'n naweek daar uit te span. "
Rawsonville, Ontsnap Uit Kaapstad
La Bri Guest House"Rawsonville is 'n rustige dorpie. Behalwe vir die wynplase in die omgewing is daar nie veel om te doen nie. Voldoende vir 'n luilekker rustige naweekwegbreek. "
Worcester, Ontsnap Uit Kaapstad
The Prime Spot"Word aanbeveel vir besoek aan wynplase en pragtige omgewing."
"Hierdie dorpie het my hart gesteel! Dis pragtig en silwer skoon. Ou sjarme begroet jou om elke hoek en draai."
Villiersdorp, Ontsnap Uit Kaapstad
De Villiers Country Lodge"Die mense is absoluut gasvry en vriendelik. Elke persoon wat ons teëgekom het, het ons gegroet. Hulle was bewus ons is gaste in hul dorp."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Strandlopertjie"Paternoster is rustig. Die kreefsmouse kan effe lastig raak. Anders baie stil en ontspannend. Lieflike plekkie."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Sea Shack"Paternoster is 'n tipiese vissersdorp en heerlike vakansiebestemming. Behuising is net baie duur in vergelyking met ander plekke."
Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Beach Blessings Self-catering"I understand that in the spring it is absolutely beautiful, but when we were there - March/April - arid! But it does have a beauty of its own. "
Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad
De Hoop Cottages"Ons was gelukkig om 'n troue in die ou N.G. Kerk by te woon. Wat 'n wonderlike ou gebou! Die diens daar het bygedra tot ons goeie herinneringe aan Robertson en omgewing. Ons sal beslis weer die omgewing besoek!"
"Ek is mal oor Montagu as toeristebestemming. So baie mooi plekke om te besoek. Ons het geëet by die Montagu Hotel en dit was 'n wonderlike ervaring. Sowat van goeie diens en voortreflike kos. Daar is soveel te sien wat kuns en handwerk aanbetref in Montagu en die omgewing is ook mooi. "
Clanwilliam, Ontsnap Uit Kaapstad
Clanwilliam Hotel"Wonderful drives through the Cederberg and a comfortable 40 minute drive to Lamberts Bay."
"Sentraal geleë vir besoeke aan wynlande, olyflande en Ceres-vallei."
Struisbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
At Patat Cottage"Mal daaroor gewees en die mense wat daar bly is net so great. Ons het 4 restaurant in Struisbaai besoek en een in L'Agulhas. 55 knots, Michael Collins, Pelican Harbour, Sea Shack en Twisted Fork. By almal ontsaglike goeie diens gekry en baie vriendlike personeel sowel as bestuurders/einaars. Well done aan die Pelican Harbour Café se bestuurder - hy was absoluut 'n vreugde om mee kennis te maak en dan sal ek sê uit die 5 uit is Sea Shack die beste waarde vir geld. Almal was great, maar ek moet die twee punte uitlig. Daar is so baie om te doen in die omgewing so ons sal moet terugkom."