Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 16103 resensies.
Riebeek-Kasteel, Ontsnap Uit Kaapstad
Church Hills Boutique Guest House"Pragtige plek. Sal volgende keer langer wil bly. Ongelooflike mooi tonele."
Wellington, Ontsnap Uit Kaapstad
La Rochelle"Ons het spesifiek Wellington gekies om oor die Bainskloof pas met ons motorfiets te gaan ry maar ek was absoluut versot op die hoeveelheid ou geboue in die dorp en my kamera het oortyd gewerk."
Heidelberg, Ontsnap Uit Kaapstad
Skeiding Guest Farm"Meat in Heidelberg is excellent and very well priced (inexpensive) - Next time I visit, when it's not raining, I'll explore more sites of interest. Heidelberg is ideally situated as it's only a short hop to the magnificent Witsand/Port Beaufort - Breede river mouth. (Did I say I am a mermaid lover yet?). "
Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Klokkiebosch"A lovely and peaceful place, if you compare it with Saldanha or Langebaan! Paternoster was also beautiful, but as we visited it in peak season it was very busy there. Die Weskusplek was also well worth the visit, fantastic spot, nice food and friendly people. We traveled to the West Coast from Pretoria, to attend a wedding in Langebaan, and I definitely think we made the best choice with staying in Jacobsbaai!"
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Lilla's Landing"Paternoster was een van die laaste ongerepte plekkies aan die Weskus. Dit was met hartseer om die ontwikkeling daar waar te neem in die 12 maande van ons laaste besoek."
Gansbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Tourist Lodge Gansbaai"Eks mal oor die plek, wil graag eiendom daar besit."
Shelley Point, Ontsnap Uit Kaapstad
Goblin's Creek"Die plek is uiters skoon as dit vergelyk kan word met Gauteng. Die water is koud maar die strande is pragtig. Binne bereik van Paternoster, Langebaan, Kaap Columbine Natuurreservaat, Yzerfontein, Velddrif en baie ander. 'n Baie lekker vakansiedorp!"
Riebeek-Kasteel, Ontsnap Uit Kaapstad
Church Hills Boutique Guest House"Dis 'n juweel net so 'n entjie van die Kaap af. Net wat 'n mens nodig het weg van die stad af. Die omgewing is pragtig en rustig."
Swellendam, Ontsnap Uit Kaapstad
Elianthe's Guest House"Fantasties! Baie skoon dorp. Sentraal geleë indien mens die omgewing wil verken."
"Lekker warm. Het net Taalmonument besoek op die dag aangesien ek ander verpligtinge gehad het, maar sal beslis weer terugkeer om 'n wyntoer of so te doen. "
Wellington, Ontsnap Uit Kaapstad
La Rochelle"Baie interessante historiese dorpie. Baie sentraal geleë. "
Melkbosstrand, Ontsnap Uit Kaapstad
Melkbosstrand Bed and Breakfast"Baie oulike plek. Die see is net vrek koud daar. Maar dis heerlik vir sommer net stap, honeymoon of net rustig wees. Sal nie die kinders saam neem nie, hulle sal ons die mure uitdryf omdat hulle nie sal kan speel in die see nie, ons is binnelanders en ken nie van "surfing" nie."
Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad
Kenjockity"Het sedert 1990 vakansiehuis op Onrus. Hermanus het pragtig ontwikkel sedertdien met eerstewêreldse standaarde!"
"Onrus is beslis een van die plekkies wat ons oorweeg met aftrede. Ons is mal daaroor! "
Bredasdorp, Ontsnap Uit Kaapstad
De Volkshuijs"Bredasdorp is 'n baie mooi dorp en 'n mens kan alles kry wat jy soek as jy daar met vakansie is en die dorp is ook nie baie ver van die see af nie."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Jongnooientjiesfontein"Awesome, stunning plekkie! Rus en vrede vir die siel!"
Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad
Hermanus Beachfront Lodge"Hermanus is die skoonste dorp wat ek in 'n lang tyd gesien het. Daar was ook geen bedelaars wat om jou swerm nie."
Swellendam, Ontsnap Uit Kaapstad
Aanhuizen Guest House"Toeriste moet nie die dorp misry nie. Daar is baie interessante besoek- en stapplekke. Dit lyk ook of daar talle goeie gastehuise en restaurante is."
Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad
De Hoop Cottages"Robertson as toeriste-bestemming is uitstekend, veral as jy 'n wynliefhebber is, met die baie wynplase in die omgewing. Ook die natuurskoon is 'n pluspunt."