Resensies van Free State

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.36 uit 5 gekry volgens 5812 resensies.
Russell D. - 10th February 2017
staying in Ladybrand, Vrystaat
Daar is 'n paar dinge om te doen rondom Ladybrand. Die dorp se systrate is ongelukkig vol slaggate.
Annelie L. - 9th February 2017
staying in Parys, Vrystaat
'Shop' altyd lekker daar.
Paul V. - 9th February 2017
staying in Parys, Vrystaat
Uitstekende naweekbestemming.
Paul D. - 9th February 2017
staying in Bethlehem, Vrystaat
Ons is van die Oosrand en ek was bietjie geskok toe ek besef dat al die winkels, selfs in die mall teen 5 uur op 'n Saterdagmiddag toegemaak het. Kon nie eers 'n restaurant kry om by te eet nie.
Paul B. - 9th February 2017
staying in Parys, Vrystaat
Van die eetplekke en winkels is bietjie laf met hul eetgoedjies en duur suikerwinkel! Maar dit is steeds 'n lekker plekkie met unieke kultuur en interessanthede. Ook net 'n entjie van Johannesburg af.
Peet G. - 9th February 2017
staying in Parys, Vrystaat
Baie bly om te sien dat van die strate darem nou reg gemaak word!
Dewald V. - 9th February 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Love love love! Clarens is een van die beste plekke in Suid Afrika!
Karen D. - 8th February 2017
staying in Bloemfontein, Vrystaat
We go to Bloem for business and shopping.
Jan J. - 7th February 2017
staying in Kroonstad, Vrystaat
Aangename uitspanplek.
Nico B. - 6th February 2017
staying in Harrismith, Vrystaat
Goed geleë!
Jan E. - 6th February 2017
staying in Fichardt Park, Vrystaat
Dit is 'n stil en rustige voorstad met ruim strate en die straatname is goed aangedui.
Fanie B. - 2nd February 2017
staying in Frankfort, Vrystaat
Daar is interessante restaurante.
Lenore L. - 2nd February 2017
staying in Dan Pienaar, Vrystaat
Het in Dan Pienaar grootgeword en is al 30 jaar in Pretoria. Nog net so aangenaam.
Rene S. - 2nd February 2017
staying in Parys, Vrystaat
Die paaie is baie sleg, maar 'n heerlike rustige plek waar 'n mens lekker in die straat kan loop waar al die antieke winkels is. Ons het dit baie geniet. baie dankie.
Monika R. - 1st February 2017
staying in Bethulie, Vrystaat
Dit sou wonderlik gewees het om voor die tyd meer te geweet het van Bethulie se besieningswaardighede sodat ons tyd kon inruim om bietjie langer oor te bly en nog meer te kon sien. Aan die anderkant miskien kan ons nou 'n tweede keer daar 'n draai gaan maak.
Karien S. - 1st February 2017
staying in Universitas, Vrystaat
Dit is 'n ou, rustige woonbuurt, naby die universiteit en middestad, maar myns insiens nie 'n toeriste-aantreklikheid of -bestemming nie. Wel baie gerieflik vir oornag- of kort verblyf.
Jaco Z. - 1st February 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens as dorpie is uitsonderlik spesiaal met 'n baie aangename rustige atmosfeer. Die omgewing is baie mooi. Ons is deur Golden Gate NP terug en alles was groen na die goeie reën.
Solize K. - 1st February 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Dit is voorwaar baie lekker daar. Ek kan dit met 'n geruste hart aanbeveel.
Mj S. - 31st January 2017
staying in Waverley, Vrystaat
Sentraal met betrekking tot die res van die stad.
Hugo G. - 31st January 2017
staying in Clarens, Vrystaat
A friendly cosy little town, with lots of ease and tough outdoor activities. A good choice of restaurants and many interesting shops and art galleries.
Corrie V. - 30th January 2017
staying in Parys, Vrystaat
Dit was vir ons baie aangenaam, maar die pryse van veral die antieke winkels was vir ons skokkend hoog. Jammer ook dat omtrent al die winkels om 4 nm toemaak en eers 9 uur in die oggende eers oopmaak. Ons het laat daar aangekom en moes vroeg die volgende oggend weer ry. Ons sou graag nog 'n paar winkels wou besoek maar kon nie tot 9 uur wag nie.
Arista B. - 27th January 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Wonderlike restaurante, klein winkeltjies en kunsgalerye, asook mooi staproetes wat 'n bietjie beter geadverteer kan word.
Philippus S. - 27th January 2017
staying in Trompsburg, Vrystaat
Die koffiewinkeltjie met pasteie is 'n groot pluspunt.
Charmaine T. - 27th January 2017
staying in Universitas, Vrystaat
My man was in Tempe en dit bring herinneringe terug. Afgesien daarvan was daar nie veel meer om te doen nie.
Deon V. - 26th January 2017
staying in Universitas, Vrystaat
Sou hierdie bestemming aanbeveel.
Jeanene K. - 26th January 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is in 'n wonderskone kom tussen veelkleurige sandsteenberge geleë. Buiten vir die vars lug en pragtige omgewing, beskik Clarens ook oor die oulikste winkeltjies wat wenskopers vir ure besig kan hou. Ek het my verstom aan die uiteenlopende aktiwiteite wat Clarens Xtreme aanbied - my vingers het sommer gejeuk om hul klimmuur aan te durf! Bethlehem is ongeveer 30 minute buite Clarens en beskik oor 'n groot winkelsentrum (Dihlabeng Mall) waar jy enige iets en nog meer onder een dak kan kry en Golden Gate Nasionale Park is ook ongeveer 25 minute buite Clarens geleë.
Rykie R. - 26th January 2017
staying in Westdene, Vrystaat
Westdene is baie sentraal geleë en maklik om enige plek te bereik, selfs te voet.
Anri M. - 26th January 2017
staying in Parys, Vrystaat
Pragtige dropie! Sal verseker weer besoek.
Len H. - 25th January 2017
staying in Panorama, Vrystaat
Kroonstad was eens op 'n tyd 'n wonderlike dorp, maar is ongelukkig nou 'n rommelhoop.
Retha M. - 24th January 2017
staying in Harrismith, Vrystaat
Die paaie in Harrismith is baie sleg met verskeie slaggate wat vir 'n reisiger groot ongerief en skade kan berokken indien jy 'n band sou verloor.
Alida R. - 23rd January 2017
staying in Parys, Vrystaat
Ons het die winkels vreeslik geniet. Let wel dat meeste van die kuns en antieke winkels al 16:00 in die week en op Saterdae sluit. Ons het heerlike ontbyt by EnStyle geëet en die etes by O's en Jimmy Jaggers was uitstekend.
Tania B. - 22nd January 2017
staying in Bethulie, Vrystaat
Trudie van die museum was baie behulpsaam met inligting oor die area en die konsentrasiekampe, asook die monumente in die area. Sal graag langer tyd in die area wil bly. Dis ryk aan Afrikaner-geskiedenis.
Moji K. - 21st January 2017
staying in Vrystaat
More attractions are needed.
Dieter H. - 20th January 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Dit is n pragtige en rustige dorp met voldoende aktiwiteite. Selfs vir die jonger geslag, wat ons aan enigiemand kan aanbeveel.
Rialto G. - 19th January 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Pragtig!
Ciska S. - 19th January 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Heeltemal te besig na my smaak. Ongelooflike natuurskoon, maar die toerisme oorheers die dorp.
Daniel H. - 18th January 2017
staying in Senekal, Vrystaat
Stil genoeg.
Buks S. - 18th January 2017
staying in Deneysville, Vrystaat
Alles wat jy nodig is bekombaar.
Frants C. - 17th January 2017
staying in Zastron, Vrystaat
Sal graag langer in Zastron wil bly sodat ek die groot rotsformasies kan verken wat oor Zastron uitkyk.
Lize L. - 16th January 2017
staying in Waverley, Vrystaat
Dit is 'n stil en rustige woonarea met pragtige tuine. Dit is naby die middestad van Bloemfontein en gerieflik naby winkels as jy iets nodig het of wil gaan eet.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za