Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7951 reviews.
"Heerlike wegbreek-plekkie tussen die berge. Heerlike eetplekkies en sommer net om af te skakel is dit die moeite werd om Clarens te besoek."
"Ons het 'n draai in Fouriesburg gaan maak en net daar omgedraai en ons besigheid in Clarens gaan doen. Ek sal nie in Fouriesburg self gaan bly vir 'n wegbreek nie. Eerder 'n omliggende gastehuis of plaas soos Lesoba. Jammer Fouriesburg."
"Strate se toestand laat veel te wense oor - dit is jammer dat ons mooi plattelandse dorpies so agteruit gaan. Die inwoners is egter baie vriendelik."
"Ons het baie lekker in Clarens gekuier en inkopies gedoen. Pragtige dorpie. Ons het ook baie lekker perd gaan ry by Bokpoort en kan gerus die ontbyt by die golfbaan se klubhuis aanbeveel."
"Naby die brug vir sonsondergang fotos. Die paaie na die Oos Vrystaat is in 'n treurige toestand."
"Was nogal beïndruk met goeie toestand van konsentrasiekamp se kerkhof. As mens van geskiedenis hou, is daar heelwat te sien."
"Mug&Bean and Steers do not cater for smokers, although they have outdoor areas and therefore lost my business. Potholes and the patching is devastating on your cars suspension, you need a 4×4 with big tyres to drive around town."
"Eerste besoek aan Clarens, was verbaas oor die baie toeriste-aantreklikhede - die paaie in die dorp het egter dieselfde siekte as in die res van ons pragtige land, hulle het net te veel gate!"
"Ons was daar ná baie reën, dus was die rivier skoon en vol en alles pragtig groen."
"Was effens teleurgesteld weet nie regtig waaroor die hype gaan nie, ja daar is baie interessante winkeltjies maar dit is ook al. Hulle kan ook hulle ure verleng oor 'n naweek. "
"Fouriesburg is maar 'n klein plekkie met min te sien en doen. "
"Lekker rustige area met pragtige natuurtonele en heelwat om te doen in en om die dorp."
"Die middedorp met die klompie eetplekke en winkeltjies is oulik en verstaanbaar 'n goeie toeriste-attraksie. Net jammer om te sien dat Mimosa Park absoluut ten gronde gegaan het en dat gedeeltes van die dorpie baie armsalig lyk. Wat ook nie goed is nie is die klomp groot vragmotors wat deur die hoofstraat ry wat die rus verstoor. "