Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7953 reviews.
"Ladybrand is 'n klein dorpie, wat al die winkels en banke het, wat 'n mens benodig. Toeriste kan gerus 'n draai maak in Ladybrand. Dit is 20 km van Lesotho se grens af."
"As julle meer mense wil lok sit 'n Geocache of twee op in die dorp by van die geskiedkundige besienswaardighede."
"Clarens is meer vir volwassenes as vir kinders. Tieners sal nie te lank kan bly nie want daar is nie veel vir hulle nie. Die plek is uitstekend om die stad se vinnige lewe terug te los en te ontspan. Baie oulike winkels en geen horlosie is benodig nie."
"Pragtige Vrystaatse dorpie, met mooi geboue en vriendelike atmosfeer. Ten spite van die feit dat ons 18:00 eers gearriveer het, kon ons nog kies tussen 3 eetplekke vir aandete, en het selfs nog die unieke antieke en kunswinkel in die Hoofstraat besoek. Die landelikheid, mooi ou huisies en groot dorpserwe dra by tot 'n unieke ervaring. Ek ken die Vrystaatse platteland goed, en die besoek aan Philippolis het my met nostalgie vervul, en was definitief die moeite werd."
"Met die Vroue-monument, met baie on te sien, net om die draai 'n goeie uitstappie vir besigtiging en tydverwyl. "
"Mooi dorpie wat beslis die moeite werd is om te besoek. Restaurante is goed."
"Baie stil, ek't my bergfiets buite gelos en nie een oomblik gevoel dat die sekuriteit beproef sou word nie."
"It has a lot of river spots, so you will definitely not go wrong visiting there."
"Clarens is 'n fantastiese vakansiebestemming. Dit bied 'n wye verskeidenheid van eetplekke, galerye en aktiwiteite. Dit bly hoog op ons lys van bestemmings."
"Die dorpie het vreeslik agteruitgegaan. Munisipaliteit doen nie die nodige instandhouding nie. Omgewing en die berg is pragtig. Ons het heerlik geëet by Nel's restaurant!"