Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7972 resensies.
"A bit laid back area that needs some upgrading to accommodate the expectations of the tourists."
"Daar vergeet jy van jou werk, persoonlike en sommer alle probleme, ek vind weer my siel daar, dit is 'n ongelooflike plek."
"Try to get a place as far from the informal settlement as possible. During weekends the noise can be bothersome! "
"Clarens as besigheidsdorpie vir toeriste, het baie ontwikkel en bied iets vir elkeen se smaak."
"Eks mal oor Parys. Die hele dorp is pragtig met al die kuns en outhede winkels. Dis definitief 'n moet!"
"Trompsburg is nie 'n toeristebestemming nie, bloot oornag op pad Kaap toe. Vir daardie doel, was dit perfek."
"Het ons maar net geweet dat Clarence so pragtig is met soveel plekkies om te sien, dinge te doen en proe het ons langer gebly."
"Bethulie het ryk geskiedenis en moet beslis besoek word. Die omgewing is rustig en baie mooi."
"Parys word goed bemark, maar die prag van die natuur in die omgewing word nie genoeg beklemtoon nie."
"Clarens is sprokiesmooi met die mooiste berge in elke rigting. Dis 'n lieflike dorpie vir natuurliefhebbers, kunstiges en enigiemand wat 'n rustige blaaskans nodig het."
"Dit spring nie uit as hoof aantreklikheid nie, maar spring verseker uit as 'n besonderse dorpie met 'n energie en 'n stilte wat betower."
"Dit is altyd lekker om Clarens te besoek en rustig deur die verskeidenheid winkels te beweeg en die etes by die restaurante te nuttig. Ons het ook lekker by die brouery gekuier. Dit is ook lekker om deur die natuur te beweeg (stap) en dit ten volle te sien. "
"Jammer dat daar nie 'n gewone supermark is nie (Spar of Pick n Pay), voorrade is baie duur, restourante ook! "
"Ons is gaande oor Clarens. Perfek vir daai wegbreek van die huis sonder om ure op die pad te spandeer."
"Clarens is 'n pragtige dorpie met baie meer om te bied as wat dit lyk. Dié klein dorpie spog met talle kunsgalerye, winkels en restaurante uit die boonste klas. Die plekkies wat ons die meeste geniet het was die Clarens Brewery en Friends Restaurant and Pub. Die brouery bied gratis bier-en ginproesessies aan en die personeel is baie vriendelik. Die kroeg bedien kos wat waarde vir geld is en dit is smaaklik. Clarens gons behoorlik met mense van regoor die wêreld, nie net Suid-Afrika nie, en dit is lekker om deur die Golden Gate te ry vir pragtige uitkykpunte van die nasionale park! Behalwe vir die weer wat in die aande nie saamgespeel het nie, sou ons Clarens 10 uit 10 gee!"
"Ek het Clarens seker al 16 keer besoek, dit bly maar net 'n onvergeetlike bestemming. Dis 'n plekkie baie na aan my hart. "