Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7904 resensies.
"Dit is bietjie van 'n bekommernis hoeveel plakkerskampe reg langs die pad is vir kilometers aaneen op pad soontoe. Al is daar 'n groot muur gebou langs dit om hulle uit die paaie te hou, klim hul steeds oor die muur en maak gate daarin om oor of deur te klim. Vir veiligheid sal ek nie aanbeveel dat 'n mens in die nag daar deurry nie."
"As Clarens te besig word, geniet ons die staproetes by Golden Gate baie en dis net 20 km vanaf Clarens. "
"Enige iemand van jonk tot oud kan in Clarens kom rus. Pragtige staproetes en asemrowende uitsigte om te geniet. Clarens is een van ons gunsteling wegbreke. "
"Baie meer as wat ek verwag het. Sou graag langer daar wou spandeer om die omgewing beter te leer ken."
"Natuurskoon, klein dorpie, maar alles is daar, en nog meer. Goed vir 'n biker stopover en die mense wat graag die Vaaldam wil besoek. Goeie biltong!"
"Fassinerende dorp, vriendelike en behulpsame mense. Dit was die moeite werd om die dorp te leer ken. Lekker gebly."
"Naby geleë aan groot winkelsentrums, sportstadions, hospitaal en universiteit. Stil voorstad van Bloemfontein en heel gepas vir gastehuise."
"Straat aanwysing is nie aangebring op alle paaie nie, dit bemoeilik om vinnig by adres uit te kom."
"Parys se winkeltjies was altyd uniek, maar dit raak nou afgewater elke winkel het dieselfde produkte, eetplekke is ook nie op standaard en diens nog minder."