Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7972 reviews.
"Clarens is een van ons gunsteling wegbreekdorpies. Al die winkels en restaurante is dierevriendelik wat 'n groot bonus is. Ons kan nie wag vir ons volgende kuier nie."
"Ongelukkig het Bloemfontein baie agteruit gegaan en dit is hartseer om te sien."
"This was our first time visiting Clarens. It was all I expected it to be and more. Would definitely recommend it to anyone that has never been there."
"Die onderdorp met die stadion is net raserig, veral vroegaand. Daarom is dit seker baie belangrik om die ligging van jou verblyf perfek te kies."
"Have always loved Bloemfontein, have always wanted to visit the Women's Concentration Camp which I did. Went to visit the Oliewenhout Art Musuem, loved the art and the building."
"Baie mooi, rusigte dorpie. Voel baie naby aan die natuur. Jy kan alles basies kry daar. Baie lekker kase, vir kaasliefhebbers. Atmosfeer voer jou terug na vervloeë dae."
"Pragtige dorp met goeie verskeidenheid restaurante, veral O's, en klein winkels waarin mens kan rondsnuffel. Daar is maar die agteruitgang deur onbevoegde munisipale bestuur en werkers ,maar dit is maar oral. Het die naweek daar geniet."
"Die water in pype ruik effens na die rivier en jy kan nie uit die kraan uit water drink of daarmee kook nie."
"Die nasionale park is verlate - geen beheer oor wie ingaan en uitgaan nie. Dit het ons baie onveilig laat voel. Clarens is fantasties soos ons verwag het."
"Daar is baie min plekke in ons land waar mens nog veilig is of veilig voel. Ons het 21:00 in die aand nog buite geloop en het nie nodig gehad om heeltyd oor ons skouers te kyk of ons veilig is nie, dis net 'n heeltemale ander gevoel van rustigheid, veiligheid en tevredenheid."
"Lovely old shops with friendly people. Enjoyable for an overnight stay, but I think you have pretty much seen everything over a weekend. Close for a weekend away."
"Bloemfontein is nie meer die pragtige stad wat dit in die 90's en 2000's was nie. Ons sal slegs daar aandoen omdat ons daarlangs verby gaan op pad na die noorde. Dit is ongelukkig ook een van daardie plekke wat verval het en soos 'n tipiese verwaarloosde en vervalle Afrika stad lyk."
"Lieflike dorp met baie beienswaardighede. Die staproetes is voorwaar iets om nie te mis nie."