Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7972 reviews.
"Ek dink dit was baie skoon gewees en gras was kort gesny teenoor 'n vorige keer wat ons daar deurgery het. Maar die keer het ek gedink dat dit die skoonste stad buiten miskien die Kaap is. Beslis was ons beïndruk dat na die toets toe ons by die stadion verbyry daar geen gemors om die stadion te sien was nie. Alles was skoon en in sakke. En netjies die hele stad deur. Was lekker om weer te sien 'n plek kan sonder rommel wees."
"Clarens is een van die mooiste dorpies in Suid-Afrika, en ons het ons tyd daar verskriklik baie geniet."
"It is a very nice town and very friendly, I just wish the roads were maintained better."
"Clarens is a magical town. The people are friendly, the food and coffee are delicious and the entertainment delightful!"
"Dis jammer om te sien hoe agter die dorpe raak met betrekking tot infrastruktuur (paaie het meet slaggate as teer). Harrismith was nog altyd só mooi dorp."
"Many things to do in the area. Plan your visit ensuring you cover all your interested activities."
"Bloemfontein is nie 'n vakansiebestemming nie, basies 'n oornagdorp op pad na die Kaap of terug na Gauteng."
"Roter Hahn se pryse was bietjie baie belaglik. Ons baie lekker by die brouery gekuier en geëet. Die kos daar is uitstekend en waarde vir geld."
"Vriendelike dorp, iets vir almal. Die enigste klagte is die diens in restaurante. Oor die algemeen baie stadig."
"Dit is noodsaaklik dat die dorp se elektrisiteit en waterprobleme vinnig aangespreek word vir die oorlewing van toerisme en as node vir landbouers."
"Beurtkrag word klokslag toegepas, drie maal per dag vir die hele dorp. Die internet/WiFi het gesukkel om te herstel na 'n kragonderbreking maar dit was 'n algemene probleem in die dorp."
"Ons het net oorgeslaap. Ons het wel gaan eet by die enigste restaurant, wat die Spur is."
"Te kort in Winburg self gewees om eintlik my opinie te gee oor Winburg as toeristebestemming, maar sal graag weer tyd in Winburg wil spandeer as gevolg van die geskiedenis in en rondom Winburg. "