Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7949 resensies.
"Bloemfontein is nie 'n vakansiebestemming nie, basies 'n oornagdorp op pad na die Kaap of terug na Gauteng."
"Roter Hahn se pryse was bietjie baie belaglik. Ons baie lekker by die brouery gekuier en geëet. Die kos daar is uitstekend en waarde vir geld."
"Vriendelike dorp, iets vir almal. Die enigste klagte is die diens in restaurante. Oor die algemeen baie stadig."
"Dit is noodsaaklik dat die dorp se elektrisiteit en waterprobleme vinnig aangespreek word vir die oorlewing van toerisme en as node vir landbouers."
"Beurtkrag word klokslag toegepas, drie maal per dag vir die hele dorp. Die internet/WiFi het gesukkel om te herstel na 'n kragonderbreking maar dit was 'n algemene probleem in die dorp."
"Ons het net oorgeslaap. Ons het wel gaan eet by die enigste restaurant, wat die Spur is."
"Te kort in Winburg self gewees om eintlik my opinie te gee oor Winburg as toeristebestemming, maar sal graag weer tyd in Winburg wil spandeer as gevolg van die geskiedenis in en rondom Winburg. "
"A wonderful bohemian atmosphere and a great golf course is an added bonus."
"Dit was ons eerste besoek aan Clarens en was heeltemal anders as wat ek dit voorgestel het maar baie mooi en aangenaam. Mense is vriendelik. Groot verskeidenheid restuarante, kos was by almal heerlik maar effens aan die duur kant, nie een rekening was onder R500 vir 2 persone nie. Dus as jy daar gaan kuier op 'n begroting is selfsorg 'n beter opsie. Die winkels wat geskenke/aandenkings/snuisterye verkoop was 'n bietjie van 'n teleurstelling. Heelwat winkels verkoop dieselfde goed en meeste van die goed is duidelik herkenbaar as dit wat jy by Sjhinese winkels oraloor kry sowel as goedere wat van Indiaë af ingevoer word in 'n tyd waar daar so baie Suid-Afrikaners 'n ekstra inkomste probeer maak met oorbelle, klere en allerhande kuns goedies wat hulle self maak - kyk maar op Facebook na al die kunsgoed en maak-dit-self-groepe. As hierdie winkels se pryse ietwat laer is sal hulle heel waarskynlik meer geld maak (my opinie) - iets spesefiek wat ek opgelet het is 'n winkel wat 'n tafeldoek vir 'n 4 of 6 sitplek tafel verkoop vir R580. Die materiaal is niks besonders nie, kan by enige materiaalwinkel gekoop word en ek weet daardie tipe materiaal is nie so duur nie en dan is die afwerking boonop glad nie netjies en afgerond nie. Dit is my opinie. Na dit als sal ek beslis weer in Clarens gaan kuier want dit bly 'n ongelooflike mooi plek met die berge so rondom die dorp."
"Ons het al voorheen Clarens besoek, en dit was toe lekker, maar na Covid en die inperking, het Clarens sy sokkies opgetrek, met klomp nuwe eetplekke en ander winkels wat gefokus is op kliëntediens. Met almal wat dees dae besighede rate op kos, diens en veele meer kan jy nie sommer meer voortbestaan sonder om goeie kos, diens en kwaliteit te lewer nie. Well done Clarens, ons sien julle weer. Laastens, die teerpaaie na Clarens het egter n uitdaging geword. Ons het van Centurion gekom, en op die staduim is die pad tussen Warden oor Bethlehem die beste, maar ook met slaggate, so ry maar versigtig, veral as jy met 'n motor ry. Ek het self op waarskuwing van Forest Lane gekies om eerder met ons bakkie te gaan, want as on ons motor gebruik het sou ek 'n band verloor het op een plek waar en nie 'n slaggat kon mis nie."