Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7953 resensies.
"Soos alle fasiliteite in Suid-Afrika is agteruitgang ongelukkig 'n realiteit. "
"Die natuur is baie mooi, wees maar versigtig as jy kies waar jy bly, nie als is soos dit lyk nie."
"Paaie in Bethlehem benodig dringend aandag. Een slaggat op die ander een. Hartseer om die veral in infrastruktuur te sien."
"Vir my is Bloem 'n oorslaapplek op pad na die Kaap. Het in die verlede Bloem maandeliks besoek vir werk en baseer my antwoord op die ondervinding ook."
"Aangenaam verras. Vaalrivier is lekker en pragtig. Mense/eienaars van winkels en restaurante is baie vriendelik. O's restaurant, Hoi Poloi, Plum Tree, Candy Man, Ietsie Moois en Pine's antique's en meeste ander winkels was baie lekker om te besoek en goeie kwaliteit produkte. Het 'n heerlike naweek in Parys beleef. Die White River Rafting was ook baie lekker, smeer net genoeg sonroom anders brand jy blase!"
"Clarens is a lovely little town and full of art galleries and wonderful mountains and hiking trails."
"Enigste groot probleem in die Breëstraat. Die eiffeltoring is af gehaal wat wat 'n groot trekking is vir baie mense. Nie veel van jul inwoners het eers geweet dit is afgehaal nie. Vir ons eerste keer in Parys was dit nogal 'n teleurstelling dat ons so baie mense moes vra waar dit is en 99% van die inwoners het nie eers geweet dat die toring afgehaal is nie. Die brug by die slotte, asb. tog maak 'n plan met die taxi;s wat daar stop en musiek speel, mense wat daar sit en drink, dronk is en dans op hul musiek, mens voel nie veilig daar nie. Dit gaan 'n probleem raak vir Parys. Verder wil my man net grond koop en daar aftree, maar ons sal maar nog besluit."
"Lieflike omgewing en oor die algemeen vriendelike, toeristegerigte mense. Daar is so een of twee besighede, soos The Purple Onion en Biltong & Braai, wat hul hele jaar se omset uit een kliënt wil maak, maar die plekke wat toeriste wil uitbuit sal my beslis nie weer sien nie. Verder is Clarens baie aangenaam."
"Pragtige dorp. Warmerig deur die dag, koel in die aand. So maak maar voorsiening vir beide seisoene."
"Clarens is 'n pragtige dorp. As jy rus vir jou siel wil kry - dan is dit die plek om te besoek. Mens moet ten minste 1 maal in jou lewe daar gaan oorbly. Golden Gate is naby. Dit moet die mooiste plek in ons land wees."
"Soveel om te doen en te sien in Clarens. Altyd nog iets om te ontdek in die pragtige omgewing."
"Enigeen wat dit nie besoek nie, mis oneindig baie en hulle plaaslike bier is uitstekend. Baie om te doen en te sien en die inwoners baie hartlik en vriendelik."