Resensies van Free State

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.35 uit 5 gekry volgens 6645 resensies.
Petro B. - 7th May 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Kan die Munisipaliteit asseblief die paaie teer.
Jan G. - 7th May 2018
staying in Trompsburg, Vrystaat
Netjiese dorpie in die Vrystaatse platteland.
Willemien O. - 6th May 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Beautiful town, even the township was interesting and seemed to be without high order crime.
Surelda S. - 6th May 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is so mooi en uniek! Dis een van my gunsteling plekke.
Nick S. - 5th May 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Ek het veral die Bibliophile baie geniet en natuurlik die restaurante bied uitstekende kos vir die honger toeris.
Lynette V. - 5th May 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Ons hou baie van die natuurskoon van Clarens. Die ongeteerde strate laat egter baie te wense en skaad beslis die goeie naam van Clarence.
Magriet L. - 5th May 2018
staying in Waverley, Vrystaat
Goed geleë, netjies en voel veilig.
Pieter V. - 4th May 2018
staying in Bethlehem, Vrystaat
Nogal koud in die winter. Die omgewing is pragtig om te besoek.
Alta M. - 3rd May 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Hemel op aarde.
Piet D. - 3rd May 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens bied aan ieder en elk die geleentheid om sy passie uit te leef. Daar is 'n groot verskeidenheid aktiwiteite, restaurante, kunsgallerye en historiese besienswaardighede. Opmerklik is dat die dorp troeteldiervriendelik is. Verbasend is dat Clarens, ten spyte van baie toeriste, nog maklik beweegbaar is - mens voel veilig en gemaklik in Clarens. Net een versoek: laat die Supermark asseblief kaartfasiliteite kry! Ons loop nie meer met kontant rond nie!
Esme P. - 3rd May 2018
staying in Parys, Vrystaat
Overall was dit lekker gewees. Ek persoonlik het die musiek geniet van die swembad se kant af. My man aan die anderkant sou stilte geniet het of nie die hele dag nie. Sal weer daar kom kamp. Wie weet, dalk neem hulle voorstelle in ag. Dan sal ek beslis familie en vriende saam bring.
Liana M. - 3rd May 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Wat 'n pragtige mooi kunstige dorpie om te besoek en af te skakel.
Lisa V. - 2nd May 2018
staying in Parys, Vrystaat
Het nie die groot partytjie Saterdagaand geniet toe al die bikers gekuier het nie, maar dit gebeur seker nie altyd nie.
Maryka N. - 2nd May 2018
staying in Rosendal, Vrystaat
Dit is 'n baie klein plattelandse dorpie, klein en nie baie besienswaardighede self in die dorp nie. Daar is wel die mees amazingste winkeltjies wat 'n mens nooit kon gedink het jy sou kry in so 'n klein dorpie nie, onder andere Benjamins - wow, so 'n oulike winkel met die mooiste goedjies te koop. Dit is die ideale plek as jy wil wegbreek van die besig stadslewe vir stilte en kalmte.
Cornel D. - 2nd May 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Pragtige omgewing, wat iets vir almal bied.
Adre C. - 2nd May 2018
staying in Fichardt Park, Vrystaat
Ons hou nie baie daarvan om in 'n woonbuurt in 'n gastehuis te bly nie. Die idee van 'n gewone huis wat net hier en daar verander is om baie mense te akkommodeer sit my totaal af. Die omgewing speel ook maar 'n belangrike rol, die huise in omgewing ens.
Danwill S. - 2nd May 2018
staying in Parys, Vrystaat
Excellent.
Susan V. - 2nd May 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Absoluut versot op Clarens, hou van die "buss" oor lang naweke, geniet al die restaurante - dink net die winkels sal beter doen as hul pryse effens goedkoper is - veral die plaaslike produkte! Gaan weer en weer kom kuier!
Belinda H. - 2nd May 2018
staying in Parys, Vrystaat
Pragtige natuuromgewing.
Ferdi H. - 2nd May 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Ek wou nog altyd die dorpie en sy omgewing besoek en sal beslis weer eendag soontoe wil gaan. As ek mag, sal ek graag wil voorstel dat hulle die Tugella Waterval meer bemark. Dit is die tweede hoogste waterval in die wêreld en toe ons daar aankom vind ons uit dat daar 'n drie uur stap (een rigting) is en dit was toe reeds te laat die middag om die tog aan te pak.
Poppy V. - 2nd May 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens bly ons keuse vir 'n wegbreek. Net die grondpaaie is nie baie veilig vir gewone voertuie nie.
Marné O. - 2nd May 2018
staying in Universitas Ridge, Vrystaat
Goeie area vir verblyf.
Charl D. - 1st May 2018
staying in Vrystaat
Die Oos-Vrystaat bly maar 'n juweel.
Herna C. - 1st May 2018
staying in Fichardt Park, Vrystaat
Geen. Lekker sentraal.
Coenraad V. - 1st May 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Dorpie is baie duur. Op die beste langnaweek sal van die eetplekke se kombuis sluit om 6 pm wanneer almal wil uitgaan om te eet. Eienaar sal ook nie skroom om jou koud net weg te wys nie. 'n Spar of Pick 'n Pay sal 'n aanwins wees vir ons middelklas en die dorpenaars en gemeenskap.
Harmen D. - 1st May 2018
staying in Parys, Vrystaat
Verblyf was te kort om kommentaar te lewer, waar ons was by Barefoot Cinderella was die diens en kos goed die eienaars is baie gasvry en hulpvaardig.
Yvonne D. - 1st May 2018
staying in Clarens, Vrystaat
The food venues need to step up on the standard of food served.
Stephan D. - 1st May 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Definitely a place to visit! Especially on a motorbike trip!
Johan R. - 1st May 2018
staying in Bethulie, Vrystaat
Baie interesante klein dorp met baie geskiedenis in en om die dorp.
Hilda V. - 1st May 2018
staying in Langenhovenpark, Vrystaat
Baie lekker geleë naby eetplekke; supermark; casino; Botaniese Tuin met uitstekende restaurant. Maklik om te vind met padkaarte wat eienares op jou navraag verskaf.
Thembile M. - 1st May 2018
staying in Vrystaat
Free State is good, anyone likes it and its safe to tour in, since there's no high crime rate. Everything is amazing.
Johan V. - 1st May 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Alles en ek meen alles gans te duur. Almal wil graag iets koop en as hulle die pryse sien laat waar hulle dit. Jy kan ook aan die mense se kommentaar hoor.
J V. - 30th April 2018
staying in Fichardt Park, Vrystaat
Maklik te vinde as jy van die hoofweg af in ry na Bloemfontein. Skoon en gevestigde area.
Lungile T. - 30th April 2018
staying in Parys, Vrystaat
Parys has a lot of interesting shops in Bree Street. Everyone is bound to find something interesting there.
Elmien R. - 30th April 2018
staying in Ladybrand, Vrystaat
Ladybrand is aan die voet van die Maluti/Drakensberge. Ongelooflik mooi. Baie ontspanne omgewing en ideaal vir die avontuurlustige reisiger.
Marlize S. - 30th April 2018
staying in Bloemfontein, Vrystaat
Ken Bloemfontein van my kinderdae af. Familie bly nog steeds daar, maar ons harte en siele is maar by die see.
Mirna D. - 30th April 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens bly 'n fantastiese bestemming, enige tyd van die jaar!
Hermann V. - 30th April 2018
staying in Panorama, Vrystaat
Skoon, groen woonbuurt, naby shopping mall en Oos Vrystaat natuurskoon.
Tshediso T. - 30th April 2018
staying in Parys, Vrystaat
Surprising discovery.
Estie S. - 30th April 2018
staying in Parys, Vrystaat
Heerlike dorpie met lekker winkels en die dog en fig brewery is 'n moet.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]