Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 9274 reviews.
"Dit is 'n besonderse dorp. 'n Klein juweel! Nie meer stil na ons daar was nie. Nou geraasbaai!"
"Baie dankie vir 'n ongelooflike mooi dorp. Alles is skoon en die mense is baie vriendelik. Hoop ons sien julle gou weer."
"Ek dink Hartenbos is 'n wonderlike toeristebestemming. Die mense is baie behulpsaam en vriendelik. Almal groet jou. Die lewenskoste daar is definitief goedkoper as hier in Gauteng waar ons bly. Ek het 'n wonderlike tyd daar gehad. Sal enige dag weer gaan."
"Mooiste plek en beste vakansiebestemming ooit. Gelukkig is ek hier gebore, maar dit bly net mooi en rustig."
"Witsand is 'n bestemming wat dag by dag al dieper onder mens se vel klim soos mens die ritmes by inval. Ek het verwagtinge gehad en dis alles oortref."
"Oudshoorn het so baie besienswaardighede wat jy kan besoek. Ons naweek was te kort. Ek dink 'n week of twee is genoeg. My kleinkind het hom so geniet."
"Mosselbaai is die skoonste dorp wat ek al in was. Mooi, ou geboue en klomp winkeltjies. Baie eetplekke om van te kies. Die klimaat was perfek. Die see is lekker om in te swem. Die strande mooi en skoon. Definitief 'n plek wat my baie meer gaan sien."
"Mosselbaai is my geboortedorp en daar sal altyd 'n hunkering wees om daar te gaan kuier!"
"Ons geniet George, goeie kombinasie van platteland en gerief. Baie gholfbane en goed om te doen."
"Ek het vir die Groot Pampoenfees deurgekom en het dit baie geniet. Ek dink die dorp kan nog baie toerisme lok."
"Stilbaai het my verbaas. Ons is versot op die pragtige, heuwelagtige dorpie met bome en groen plante. Die rivier en see bymekaar maak dit ekstra spesiaal. Pragtige venue's vir troues en vriendelike, gasvrye mense. Oulike winkeltjies en restaurante."
"Mense ry baie onverskillig voor barnacles verby op pad strand toe. 'n Voorstel: speedbumbs."