Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9195 resensies.
"Pragtige, boomryke, skoon dorp met mooi parke. En al is die verkeer soms druk, vloei dit tog goed en vinnig. Moet net 'n veertjie in die hoed sit van Palm Tyres wat uiters flink en vriendelik was om 'n pap band te herstel. Dankie George - hoop om julle gou weer te sien."
"Onverwagte verrassing! Nooit gedink Albertinia is so 'n oulike dorp nie. Altyd net daar verby gery. Doen jouself 'n guns en ry 'n slag in Albertinia in, jy sal verbaas wees oor hoe oulik die dorpie is."
"Pragtige plekkie, skoon en veilig met vriendelike mense."
"Oudshoorn is 'n must-see dorp, regtig ek sal dit aan enigeen aanbeveel, dit was goed om alles te explore."
"In Riversdal het ek 'n paar mooi kerke besoek. St Matthew's, dis die klipkerkie in die middedorp, is 'n klein en intieme kerkgebou. Daarbinne is 'n ou historiese pyporreltjie met 'n lieflike klank. Ek het opnames gemaak. Daar is ook 'n museum, maar weens beperkte tyd kon ek dit nie besoek nie. O ja, dan is daar Trends, die restaurant in die swart gebou oorkant St Matthew's. Keurige binneversierings en 'n heerlike ete het gesorg vir 'n lekker ontspanne ervaring!"
"One of my favourite places and I know our friends now feel the same after our visit. See you soon Knysna."
"Die beste plek op aarde. Ek sê dit al my lewe lank en my begeerte is om eendag daar te bly."
"Baie mooi plek en plekke om te sien. Dit was heerlik om daar te kon besoek."
"Baie oulike klien dorpie met kunswinkels en restaurante met karakter."