Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9181 resensies.
"Baie sentraal geleë om by verskeie plekke uit te kom. Pragtige dorpie."
"Ons bly in Heidelberg Wes-Kaap en ken die omgewing goed. Daar is baie te sien en te doen. Vir die avontuurlustiges is daar uitdagings. Elke dorp het sy spesiale bederfplekke."
"Dit is n plek met baie aktiwiteite in en rondom die dorp en dit word hoogs aanbeveel."
"Ons is baie lief vir Sedgefield vir al sy mooi strande en natuurskoon. Nuwe Spar en restaurant is 'n aanwins. Sou graag daar wou aftree."
"George en omliggende gebiede het ons voorwaar verras. Ons kon nie uitgepraat raak oor hoe skoon en netjies die dorpe is nie. Dit was lekker om op ordentlike paaie te ry sonder om bekommerd te wees oor potholes. Ons het ons vakansie in George baie geniet. "
"Ek is mal oor Knysna, maar dit is bietjie crowded in vakansie- en spitstye. Dit is 'n pragtige bestemming en jy sentraal tussen Plettenbergbaai en Sedgefield, daar baie toeriste-aantreklikhede rondom Knysna wat dit 'n ideale bestemming maak. "
"Die mense en algehele publiek is baie vriendelik en kan gerus 'n pluimpie van waardering toegedien word. Dit maak sommer dat jy op jou gemak is. Strande is baie mooi skoon net 'n jammerte dat die warm water swembad toe was weens opgradering."
"Shops and restaurants can make more of an effort to welcome visitors outside school holiday periods. Shops and restaurants closed very early making it difficult for those not on self-catering."
"Ons het verlief geraak op Groot-Brak, al die ander plekkies in die omgewing is ook baie mooi, maar Groot-Brak is ons gunsteling."
"I absolutely love Still Bay - it is my favourite holiday destination in the Western Cape. Interesting walks and beautiful beaches. Something for everyone here!"
"Great plek. Dis baie rustig en veilig. Strande en dorp is baie skoon. Wil baie graag daar gaan aftree."
"Ons het gaan visvang op die meer saam met JJ's Fishing. Dit was 'n belewenis gewees."