Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9274 resensies.
"Karuza wyne maak vroeg toe, veral oor naweke. Hou dit ingedagte as julle dit wil besoek."
"Saturday morning market not to be missed. Visit Mr Kaai for delicious fresh fish (check open hours)."
"George kan wel 'n webtuiste opsit wat hulle kan aanbeveel waar al die restaurante is, asook wat om te doen in George en hoe laat die plekke oopmaak en toemaak en waar alle plekke gelëe is. Verder was dit baie lekker."
"Asemrowende klein dorpie met vriendelike mense. Ferrari se pub is 'n moet en daar kry 'n mens organiese heuning te koop."
"'n besoek aan Oudtshoorn is beslis die moeite werd en 'n goeie toeriste attraksie."
"Sedgefield se ligging en dit wat die buurt bied met al die aangrensende besienswaardighede sal mens weer en weer laat terugkeer."
"Hulle sien ons beslis weer. Vriendelike verwelkoming deur al 3 meisies by ontvangs. Regtig die moeite werd. Baie mooi area. "
"Vir diegene wat stilte en rustigheid soek, is Tergniet in Meimaand die regte plek. 'n Pragtige, natuurskone dorpie wat perfek skoongehou word. Ons was gelukkig en het die mooiste, sonnige en warm herfsweer geniet. Kon lekker lank gaan stap op die pragtige strand."
"Die tyd van die jaar heerlik stil. Netjies en veilig, lekker groot sandstrand en golwe. Egter nie iets vir iemand wat heeltyd vermaak wil word nie. Daar is net een restaurant en kroeg en baie klein winkel, maar alle geriewe is in Grootbrak sowat 15 min se ry."
"Baie mooi en rustig, asook die badkamers by die hoofstrand is baie skoon en netjies, mense in die omgewing is baie vriendelik. "
"Pragtige dorpie wat naby genoeg aan Stilbaai is om gou-gou die nodigste te kan gaan koop as jy iets nodig het. Veilig vir kinders en hul bied ook aktiwiteite vir die tieners aan. Sal definitief weer daarheen gaan."