Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9274 resensies.
"Nie veel om te doen nie, behalwe as jy 'n hengelaar is. Ver van naaste dorp. Pragtige natuurskoon en veilig plek vir wandelings."
"Hartenbos is 'n wonderlike plek met ongelooflik baie dinge om te doen en te sien en baie gerieflik met al die nodige plekke en fasiliteite beskikbaar en dit dan ook loopafstand. Ek sal vir seker weer en weer teruggaan soontoe."
"Jongensfontein is 'n ongelooflike plek. Komplimente vir die bestuur van Jongensfontein wat dit in so 'n netjiese en skoon plek hou."
"Die mense hier is plat op die aarde, goeie, vriendelike, meestal Afrikaanse mense. Jy gaan Pick 'n Pay toe en daar kry jy 'n vreemdeling in die ry en julle begin gesels soos ou vriende. "
"Myoli Beach is a beautiful place. Unfortunately during the time of our visit a young Danish girl went missing from right in front the backpackers on Myoli Beach. When looking at the circumstances and the area, one cannot but fear the worst outcome."
"Ons het vir baie jare Hartenbos besoek toe ons kinders nog in die laerskool was. Die veranderings wat sedertdien aangebring is, is uitstekend. Sover ons kon vasstel was dit steeds veilig, 'n aspek wat deesdae 'n vereiste vir vakansiegangers is."
"Ons verkies Stilbaai-Wes. Lieflike strand en baie dekor winkeltjies en eetplekke naby."
"Heerlike, rustige omgewing met die mooiste uitsig. Baie vriendelike mense."
"Hartenbos is regtig aan te beveel vir vakansie, veral as die swaeltjies ook daar is Januarie, Februarie en Maart dan sien ons weer ons ou vriende en kuier 'n hond uit 'n bos."
"Baie lekker dorpie, hou maar 'n ogie oor jou besittings. Altyd mense wat rond hang. Maar sal weer teruggaan."
"Hierdie dorpie het baie meer gebied as wat ons verwag het. Almal is baie vriendelik en ons het heeltemal veilig gevoel te alle tye. Ons gasheer het vir ons plek bespreek by The Hungry Ghost en dit was 'n bitter oulike eetplekkie met heerlike kos teen baie billike pryse. As jy wil wegbreek van die gewone lewe en net 'n slag ontspan, is Uniondale die plek vir jou."
"Fantastiese vakansieplek met lekker weer en min wind. Alles is lekker naby en daar is genoeg te doen om kinders besig te hou."
"Redelik sentraal geleë, naby Bayview Hospitaal en die Helderberg Mall. Die strand is pragtig skoon en die uitsig is onvergelykbaar."