Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 9360 reviews.
"Die plek is pragtig. Ons het die tyd weg geniet. Dis net ver van die Kaap af, anders sou ons gou weer gaan. "
"Ideaal met George Lughawe wat naby is en Wildernis is op die N2-roete. In die middel van Kaapstad en Port Elizabeth."
"Klein dorpie met 'n rustige atmosfeer. Jy gaan soontoe om van die stad af weg te kom. "
"Very clean and tidy, the people of Stilbaai are very proud people and love their neighbourhood. Keep it up. Hanlies Bistro's food is amazing. "
"Daar is so baie dinge om en in Oudtshoorn om te doen waarvan ons nie eers geweet het tot ons daar gekom het en ander mense ons van vertel het nie. Oudtshoorn is regtig een van daardie plekke waar oud en jonk vermaak kan word."
"Oudtshoorn is een van die juwele van Suid-Afika! Die Kangogrotte, Hi-Gate Volstuisplaas, die Krokodilplaas (met pumas ingesluit) en Wilgewandel vir die jongspan, met sy kameelritte en foefie slide, is als bereikbaar binne minder as 'n halfuur se ry. Dan is daar boonop Meiringspoort, die asemrowendste poort in Suid-Afrika, wat so 'n uur se ry weg is. Vir 'n onvergeetlike dagreis, kan mens gaan kuier in die Hel, wat afdraai uit die Swartbergpas. Andersins, kan mens uitry vir die dag na Prins Albert, via die Swartbergpas of Meiringspoort."
"Ek het nie soveel vis gevang as wat ek gehoop het nie, maar volgende keer! Ons het van ons vriende na Witsand verwys en hulle was so beïndruk dat hulle dadelik 'n vakansiehuis gekoop het. So, Witsand rock!"
"Beautiful and comfortable with all amenities nearby and definitely a must to go to."
"Dit is naby Knysna, maar tog baie rustig. Daar is hope goed om te doen en plekke om te sien in die area."
"Baie gerieflik naby als, maar veral lekker rustig, net wat mens nodig het om af te skakel en te rus."