Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 9467 reviews.
"Daar is by my geen twyfel nie - die Swartbergpas moet van Noord na Suid aangepak word."
"Beste dorp in die land met die meeste besienswaardighede. Skoon strande, avontuur water park, leeupark, olifante, leeus, wynplase."
"Knysna was soos altyd 'n baie lekker plek om te wees. Die twee eilande op die meer versper ongelukkig die koppe en jy is geforseer om daarnatoe te ry om dit te sien. Die plakkerskamp by die ingang van die dorp is egter nie lekker vir toeriste om te sien nie."
"Die mense van Oudtshoorn is vriendelik en dit was lekker om in die straat te loop en jy word gegroet. "
"Te besig in Desember seisoen. Glad nie vir toeriste wat op soek is na rustigheid nie. Verkeer is 'n riller!"
"Intieme dorpie met genoeg winkeltjies en bekostigbare goeie eetplekke. Gunsteling dorp in die Karoo. "
Great Brak River, Garden Route
Ilita Lodge"Die Transkaroo Lodge, in Groot-Brakrivier, bied 'n uitstekende spyskaart en diens. "
"Glentana is very beautiful. The people are friendly. Four seasons in one day can be expected."
"Oudtshoorn is baie mooi en aantreklik en my seun wil net in Oudtshoorn vakansie hou. Daar is baie plekke wat jy kan besoek en die mense is baie vriendlik teen oor jou."
"Danabaai het net nie 'n goeie swemstrand nie. Het Hartenbos Bayview toe gery om in die see te kon swem. Verder was dit prentjiemooi en het ons die bokkies een dag gesien. Dis naby genoeg aan Mosselbaai en Hartenbos met baie om te doen."
"Baie oulike daguitstappies! Goeie plek om te oornag en selfs 'n paar dae oor te bly en die Klein Karoo te verken."
"Ideale uitvalsbasis voor de Swartbergpass en de Cango Caves."
"Ek is verlief op Hartenbos. Die pretparkeienaar kan dit oorweeg om die musiek effens sagter te maak. 'n Mens moet darem nog met mekaar kan praat wanneer jy daar verby gaan of van die park gebruik maak. Ek hou van die beskikbaarheid van fasiliteite terwyl die vakansiestemming steeds behoue gebly het. Die wandelpaaie al teen die strand langs maak dit toeganklik. Hartenbos is skoon en vriendelik. Daarby kan ek tien uit tien gee vir die ATKV swembad. Vir gesinspret en veral vir kampeerders is Hartenbos beslis die vakansie om te ervaar. "
"Ons sal Knysna weer besoek. Daar is baie aktiwiteite en plekke om ieder en elk tevrede te stel."