Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 9641 reviews.
"Mosselbaai is 'n wonderlike toeristebestemming en sal beslis aanbeveel. Die diens by die winkels in Langeberg Winkelsentrum is uit die boonste rakke; personeel is vriendelik en vreeslik behulpsaam."
"Die dorpie De Rust bied goeie verblyf en interessante winkels en eetplekke. Daar is 'n vulstasie, maar die plek se voorkoms laat veel te wense in 'n mooi dorp soos De Rust waar baie besoekers aandoen. "
"Wildernis is 'n baie oulike toerisme dorpie met pragtige natuurskoon van die see asook riviere. Die dorp het veral baie goeie restaurante wat ons vreeslik geniet het. Wildernis is ook baie naby aan George en Knysna geleë vir lekker uitstappies na die groter dorpe."
"Ons is baie lief vir Jongensfontein. Dis al jare lank een van ons familie se gunstelling vakansiebestemmings."
"Die dorp het dadelik ons harte gesteel en ons kan nie wag om weer te kom kuier nie. Mense is vriendelik en behulpsaam en dorp is silwer skoon. Wat 'n plesier!"
"Each time we go to Wilderness we find new places to explore, suppose that's what keeps us coming back for more!"
"George is 'n pragtige dorp en is lekker sentraal geleë. Ons dink selfs om dalk daar af te tree. "
"Dis ons toekomstige aftree-dorpie. Een woord som Stilbaai die beste op en dit is: amazing! "
"Dorp is netjies en baie sentraal geleë. Om regtig waarde vir jou geld te kry sal 'n twee weke verblyf te kort wees want daar is so baie om te sien vir almal. Van historiese gedenkwaardighede tot eetplekkies ens. ens. ens. Ek sal weer 'n draai in Oudtshoorn maak."
"Beslis nou een van ons gunsteling plekkies om te besoek, sien uit na ons volgende kuier daar. "
"Wonderful. Lovely bird life on the island. Neat and tidy, great security and guards always friendly. "
"Daar is baie om te doen en daar is oulike plaaslike restaurante om by te eet. Die dorp is ook baie skoon en netjies."