Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9360 resensies.
"'n Lekker dorp om in te oornag. Die "Sedgefield mark" (net op Saterdae), is beslis 'n geleentheid wat níe gemis moet word nie."
"Lieflike dorp, met alles wat nodig is naby en bekombaar. Lekker swemstrand vir kindertjies."
"Mosselbaai is 'n pragtige dorp met baie vriendelike mense en natuurlik die mooiste see!"
"Indien jy nie visvang nie, dan kan die dae baie lank raak. Die grootste aantrekking bly die walvisse gedurende walvistyd, buite die periode kan dinge verveeld wees."
"Mosselbaai was nog al die jare een van ons gunsteling-plekke en sal altyd my droom aftreeplek wees."
"Effens stiller woonbuurt wat vir ons 'n voordeel was. Heelwat en gemaklike toegang tot die strand maar dis nie 'n swemstrand nie. Honde word ook toegelaat wat oulik is."
"A lovely, quiet, clean place. People are very friendly. Lots of restaurants to choose from."
"Stillbaai is 'n heerlike plek met alles wat 'n mens benodig. Wil baie graag weer teruggaan soontoe."
"Goeie basis om baie interessante avonture aan te pak. Swartbergpas is 'n moet!"
"Stilbaai sakekamer kan gerus hul gastebedryf aanmoedig om alternatiewe dienste soos solar en inverters, Wifi inverters en gasgeysers ens. aan gaste te verskaf. Nie almal kom om in die donker te braai nie."