Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 9641 reviews.
"George is baie besig gedurende Desembermaand, maar ons het dit steeds geniet en is dit gerieflik geleë aangesien Sedgefield, Knysna, Hartenbos en Mosselbaai nie so ver is nie. Daar is soveel om te doen en te sien. Kuier was heerlik in George!"
"'n Oulike dorpie wat 'n mens skoon mis wanneer jy daardeur ry. Vol intressanthede. Sal weer in die pekkie oornag."
"Die beste vakansie-omgewing. Mooi strande, skoon en netjies, mense baie hulpvaardig en vriendelik. "
"Dit is 'n fantastiese vakansieplek. Daar is soveel om te doen en te gaan kyk. Ons kon nie by alles uitkom nie dus sal ons definitief weer terug gaan Mosselbaai toe."
"Ons woon in die Oos-Kaap en wat 'n wonderlike ervaring was dit om op paaie te ry wat nie jou motor in wil sluk en om oral goeie kliëntediens te kry was hemels."
Great Brak River, Garden Route
Oppi See"Lieflike dorpie om net in te gaan loop met versteekte klein winkeltjies en plek om koffie te drink. Moet ook nie die kunsgalerye verbyloop nie. Daar is lekker fietsryroetes wat veilig is. Moet nie die skoenfabriek, Boltans, verbystap nie. Jy hoef glad nie ver te ry om restaurante te besoek nie. Ondersteun die locals. Dit is 'n baie mooi skoon dorp wat ek dink die mense trots op kan wees!"
"Heerlike George buitemark en stap deur die woude. Die Wildernisstrand is lank en uitgestrek en die veiligheid en sekuriteit uitstekend."
"Knysna is oor die algemeen 'n lekker vakansieplek. Load shedding het baie keer veroorsaak dat eetplekke in die dorp self vroeër moes toemaak. Die waterfront ,die bootreise, ens. het baie opgemaak. 'n Baie lekker plek."
"Puik bestemming met wye verskeidenheid besienswaardighede en doendinge. Baie skoon en netjies. Met een woord, asemrowend."
"There are lots of things to do, especially visiting the ostrich farms."
"There are lots to do in and around Knysna. Just wished there were more halaal restaurants."
"'n Goeie plek as jy hou van die geskiedenis van ons land en daar is 'n paar baie unieke en interessante plekke in die omgewing. "
"Nostalgia Restaurant het vir ons so bederf met die heerlikste aandete! Wonderlike restaurant in Oudtshoorn."
"Heerlike weer, mooi natuurskoon, skoon dorp met baie om te doen. Hartenbos-strandoord is netjies en veilig."