Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 9195 reviews.
"Oudtshoorn is maar baie "middle of nowhere", maar ook baie netjies en skoon met al die geriewe wat jy nodig sal hê op toer, en 'n baie gerieflike rus-stop vir as mens ver reis (maar nie vreeslik opwindend vir vakansie-hou nie)."
"Mosselbaai is 'n baie lieflike plek daar is baie aktiwiteite wat 'n mens daar kan doen byvoorbeeld soos om na die slides te gaan en so bietjie deur die mall te gaan stap, gaan uit eet saam met familie of vriende."
"Vir vakansiedoeleindes dink ek is Plettenbergbaai 'n goeie bestemming. Vir my sakereis was dit tot my beskikking voldoende."
"Mosselbaai bied ontspanning vir klein en groot. Dit het 'n rustige en kalmerende invloed op jou."
Great Brak River, Garden Route
10 Elf Beach House"Groot verskydenheid van plekke om te besoek, beleef en deel te maak van enige kuier aan die kus. Ook glad nie ver van George of Mosselbaai en waar 10 Elf Beach House loop afstand is van die strand."
"Nature's Valley is 'n plek om jou kop skoon te maak. En jy kan stap tot jy lê. Dis mooi en skoon en net die lekkerste plek op aarde."
"Soveel om te doen en te sien. Bespreek liewer ekstra tyd om alles te kan geniet."
"'n Baie mooi dorp en alles wat jy nodig het. Baie eetplekke en Langeberg Mall."
"Ons het so baie natuurskone plekke in die Tuinroete en daar is so baie om te doen."
"Ons reis met 'n klein Teacup Yorkie, 900 g in gewig, wat meeste van die tyd in my vrou se handsak sit. Ons was by verskeie besighede die deur gewys as gevolg van Chloe in my vrou se handsak. By Street Cafe het ons by 'n tafel op die sypaadjie gesit om 'n koffie te bestel en is deur die kelnerin blatant weggejaag! Stilbaai sien ons nooit weer nie."