Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 9271 reviews.
"Vir vakansiedoeleindes dink ek is Plettenbergbaai 'n goeie bestemming. Vir my sakereis was dit tot my beskikking voldoende."
"Mosselbaai bied ontspanning vir klein en groot. Dit het 'n rustige en kalmerende invloed op jou."
Great Brak River, Garden Route
10 Elf Beach House"Groot verskydenheid van plekke om te besoek, beleef en deel te maak van enige kuier aan die kus. Ook glad nie ver van George of Mosselbaai en waar 10 Elf Beach House loop afstand is van die strand."
"Nature's Valley is 'n plek om jou kop skoon te maak. En jy kan stap tot jy lê. Dis mooi en skoon en net die lekkerste plek op aarde."
"Soveel om te doen en te sien. Bespreek liewer ekstra tyd om alles te kan geniet."
"'n Baie mooi dorp en alles wat jy nodig het. Baie eetplekke en Langeberg Mall."
"Ons het so baie natuurskone plekke in die Tuinroete en daar is so baie om te doen."
"Ons reis met 'n klein Teacup Yorkie, 900 g in gewig, wat meeste van die tyd in my vrou se handsak sit. Ons was by verskeie besighede die deur gewys as gevolg van Chloe in my vrou se handsak. By Street Cafe het ons by 'n tafel op die sypaadjie gesit om 'n koffie te bestel en is deur die kelnerin blatant weggejaag! Stilbaai sien ons nooit weer nie."
"Aangename dorp (stad) en sy mense. Baie om te sien en doen. Skoon strande, strate en sal weer George besoek."
"Beautiful town with beautiful beaches, and two large malls. Community very friendly."
"Heidelberg is 'n pragtige dorpie wat sentraal geleë is waar jy die platteland en see kan ervaar. Die mense is baie vriendelik en behulpsaam."
"Danabaai het ñ klein winkelsentrum wat alles aanhou, maar 5 minute se ry en jy is by ñ groot sentrum, 10-15 minute en jy is in Hartenbos of Dias strand in Mosselbaai en ander besienswaardighede. Ons het by die Casino se restaurant ñ Buffet ete ge-eet wat ook uitstekend was."