Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 9195 reviews.
"Skoon, netjies, die mense is vriendelik en die ondersteuning by die IM was fantasties. Die dorp het gewys wat gasvryheid en vriendelikheid beteken."
"Albertinia is besig om uit te brei en dit sal lekker wees as daar 'n groot supermark is met kompeterende pryse. Maar dit bied baie vir toeriste en maak mens regtig rustig. Die hotel se kos is uitmuntend."
Great Brak River, Garden Route
Anchor's Haven"Nice place with loads of restaurants and pubs to consider and very close to the beach. It's also a short way from Mossel bay so I'd be happy to stay there again."
"Daar is baie lekker goed in 'n klein area om te ervaar. Die area brei genoeg uit om "up-to-date" te wees, maar behou tog sy "versteekte juweel" uniekheid. Ons verkies buiteseisoen want daar is genoeg om te doen en sien sonder om te sukkel vir parkering of goeie diens mis te loop."
"Mooi dorp met genoeg geskiedkundige dinge om te sien. Lekker winkeltjies en tuiste van beroemde skilder, Maria."
"Baie om te sien veral tot by Kangogrotte. Wilgewandel is beslis die moeite werd om te besoek."
"De Rust het vir seker toerisme nodig. Dis 'n pragtige klein dorpie met gesellige Rooi Donkie Restaurant."
"Lots of things to do and see around the area... Hartenbos, Botlierskop and Oudsthoorn Wildlife farms (to name a few) were our favorites. Some pretty great restaurants as well where you can have a real South African experience and culturally rich foods."
"Veilig, skoon, rustig. 'n Paradys vir die sportliefhebber, 'n groot keuse van koffiewinkels en restaurante. 'n Groot verskeidenheid van besighede om in al jou vakansiebehoeftes te voorsien."
"Dit was my eerste besoek aan Mosselbaai. Dit is rerig so mooi soos wat almal my vertel het. Die enigste negatiewe kommentaar wat ek kan gee is al die boemelaars en dwelmverslaafdes wat jou irriteer veral in die aande. Ek het gesien hoe hul buitelandse toeriste vloek en met hul baklei as hul nie vir hulle geld wil gee nie. Ek dink nie dit skep 'n positiewe indruk van Suid-Afrika in die buiteland nie."